Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kezia betower met háár ‘Halo’
Kezia Swartz op die stel van Maak my famous.

Met haar weergawe van Beyoncé se “Halo” het sy vandeesweek die gehoor en kykers van die kykNET-televisiereeks Maak my famous betower.

Maar dit was veral die video van die hartroerende tonele toe sy haar optrede aan haar siek pa ná die uitsending wys wat hartsnare geroer het.

Kezia Swartz saam met haar ouers, Beverley en Fanie.

Kezia Swartz (18) van Oudtshoorn is een van die top-20-deelnemers in dié talentsoekreeks. Vir haar was dit ’n bittersoet oomblik toe sy Woensdagaand die video van haar optrede met haar pa, Fanie, ’n afgetrede korporaal in die weermag, kon deel.

Hy is ’n diabeet en het verlede jaar drie beroertes gehad wat hom verlam gelaat het. Een van sy bene moes ook al geamputeer geword het en hy kan nie meer praat nie.

In die video, wat sedertdien meer as 50 000 keer gekyk is, wys ’n emosionele Kezia die video aan haar pa en hy glimlag. Dít nadat hy aanhoudend na die televisie gewys het om na haar optrede te kyk.

“Ek is gelukkig, maar ook baie hartseer. Al kan hy nie my naam sê of vir my sê hoe lief hy vir my is nie, weet ek hy het my lief. Ek weet ek maak hom trots,” sê sy.

“Ek is lief vir jou, Pa. Dankie dat jy in my glo.”

Kezia kom uit ’n musikale familie en sê sy het sowat tien jaar gelede geweet sy is vir die verhoog bestem toe sy by haar laerskool opgetree het.

Kezia Swartz (18) van Oudtshoorn is een van die top-20 in die reeks Maak my famous.

“Dit is my passie, my roeping. ’n Kleintydse droom wat ek sal vervul.”

Sy sê hoewel dit soms oorweldigend is, is dit ook ’n wonderlike geleentheid en ervaring wat sy vir niks in die wêreld sal verruil nie.

Kezia sê egter dat sy dit nie op haar eie sou kon doen nie en dat die ondersteuning van haar pa en ma, Beverley, ’n onderwyserers, onbeskryflik is.

“Hulle het nog altyd in my geglo, my ondersteun en moed ingepraat. Sonder hulle sou dit nie moontlik wees nie.”

Haar boodskap aan jong mense, veral in Oudtshoorn, is om nooit op te hou glo in jou drome nie, maar om liewer hard te werk om dit te bereik.

Kezia het ook ’n ouer broer, Bradley de Villiers, en ’n suster, Sherkina Hopshire.

Meer oor:  Kyknet  |  Maak My Famous  |  Beyoncé  |  Talent  |  Sangkompetisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.