Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kinkel in die kabel wanneer Lee-Ann van Rooi in ‘Suidooster’ verskyn

Suidooster-aanhangers kan binnekort ’n “moontlik omstrede” nuwe storielyn verwag wanneer Lee-Ann van Rooi haar sepie-debuut in dié gewilde sepie op kykNET maak.

Van Rooi is veral bekend vir haar rolle as Gerwin in Die Boekklub, Maggie in Sara se Geheim en Rochelle in destyds se Fishy Feshuns, n komedie wat op SABC2 uitgesaai is.

Volgens Wilmer Müller, publisiteitsbestuurder van Suidooster, sal Lee-Ann se karakter, Farah, van 28 Julie af te sien wees.

Lee-Ann van Rooi as Farah in ‘Suidooster’. Foto: Verskaf
Farah gesels met AB Samsodien (Cedwyn Joel) in ’n toneel uit ‘Suidooster’. Foto: Verskaf

“Farah het ’n interessante storielyn wat beloof om kykers te verras, maar terselfdertyd sal dit ’n moontlike omstrede kinkel hê,” sê hy.

Hy sê Van Rooi is opgewonde oor haar eerste sepierol.

“Dis vir my wonderlik om weer saam met ou vriende in ’n produksie te wees. Ek het al teenoor Cedwyn Joel, Denise Newman, Simone Biscombe, Marlo Minnaar, Marcel van Heerden, Monique Rockman en Dean Smith in ander produksies – van verhoogstukke tot radiodramas – gespeel. Nou kry ek die kans om saam met hulle in Suidooster te wees.”

Volgens Van Rooi is dit vir haar as Kapenaar baie spesiaal om deel van Suidooster se storievertelling te word.

“Die stories, die intriges en drama het immers ’n eg Kaapse geur. My familie is mal oor Suidooster – veral my ma,” sê sy.

Meer oor:  Lee-Ann Van Rooi  |  Suidooster  |  Kyknet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.