Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Klassieke stuk vervlak tot een lang verveling

The War of the Worlds , Met Eleanor Tomlinson en Rafe Spall.

Skepper: Howard Overman

Hoekom aan ’n klassieke storie peuter wat H.G. Wells destyds so briljant geskryf het? En wat Orson Welles destyds so geniaal oor die radio oorvertel het dat dit paniek veroorsaak het.

Dit gaan oor wesens uit die buitenste ruim wat aarde toe kom om ons oor te neem, en wat die mensdom, wat vir die eerste keer moet saamstaan om ’n bedreiging die hoof (of tentakels) te bied, laat terugveg.

Maar hierdie televisieweergawe verander dit in ’n langdradige sepie wat die klimaks (veral die voorkoms van die kreature) uitstel tot ’n mens se uithouvermoë getoets word.

Onlogiese optrede deur karakters wat twee uur lank beangs probeer lyk, mense wat hol en gil, soldate wat, gewere omhoog, vertrekke binnestorm en hul geweerlope op niks rig nie, hardgebakte musiek, nog individue wat hardloop, ’n garingdun storie, wat tot die uiterste gerek word tot die rekkie meegee, en tonele met omtrent soveel spanning soos ’n muis wat ’n valletjie bekruip, veroorsaak ’n nat kol op jou brein. Dis so vervelig, selfs jou brein sweet.

Hoekom aan ’n klassieke meesterstuk peuter en dit in Days of Our (never ending) Lives verander? Verveling tree ná 15 minute in en verlam jou soos ’n tandarts­inspuiting wat geen pyn verdoof nie, maar jou slegs met ’n nare nasmaak in jou mond agterlaat.

Hierdie papierdun karakters en tam verlenging van ’n klassieke storie is senutergend omslagtig en vervelig.

  • Op die Fox-kanaal 180. Dit het op 30 Oktober begin.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.