Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kletsrymer nuwe afrigter in ‘The Voice’
Riky Rick

Die kletsrymer Riky Rick is een van die vier afrigters in die derde reeks van die musiekwerklikheidsreeks The Voice SA op M-Net. Die ander drie afrigters word later vandeesweek bekend gemaak.

Dit volg op die aankondiging Vrydag dat die 947-omroeper Anele Mdoda die nuwe aanbieder van die program is.

The Voice is ’n musiektalentkompetisie waarin vier afrigters (bekende sangers) met die eerste oudisies, die sogenaamde “blinde oudisies”, met hul rug na die deelnemer sit. Op grond van ’n deelnemer se stem besluit hulle dan of hulle die deelnemer onder hul vlerk wil neem.

Riky Rick, bekend om sy kombinasie tussen hip-hop en kwaito, is as Rikhado Makhado in KwaMashu, noord van Durban, gebore.

Hy het aanvanklik na Johannesburg verhuis om ’n fliekloopbaan te verwesenlik, maar uiteindelik het hy homself geleer hoe om musiek te vervaardig.

Sy enkelsnit “Boss Zonke” was een van 2014 se grootste treffers. Hy het kort daarna sy debuutalbum, Family Values, uitgereik wat platinumstatus bereik het en onder meer ’n MTV-prys losgeslaan het.

Die derde seisoen se “blinde oudisies” word vandeesmaand gehou.

Toegang is gratis om dit bywoon, maar bespreking is noodsaaklik.

Die eerste “blinde oudisies” word op 21 en 22 November aangebied en daarna op 26 en 27 November.

Besoek mnet.tv/thevoice om te bespreek.

* Die nuwe reeks word by Urban Brew Studios in Randburg verfilm.

* Die reeks begin in Februarie op M-Net (DStv-kanaal 101).

Meer oor:  Riky Rick  |  The Voice  |  Musiek  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.