Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kleure tower Carien om

Carien Marais is die onderwyseres wat vandeesweek televisiekykers twee keer laat kyk het toe kykNET se Glam Guru, Hannon Bothma, haar onder hande geneem het.

Die eerste verandering wat Hannon gemaak het, was Carien se hare.

“Vroulikheid het niks met die lengte van jou hare te doen nie, maar baie vroue voel net vrouliker as hulle nog genoeg hare het om mee te speel.

“ ’n Prominente kuif trek baie aandag na haar oë toe, die effens langer lengtes in die nek laat haar gesig langer vertoon en die baie lae sal haar ’n kans gee om soms ook haar hare agter haar ore te kan indruk vir ’n nuwe styl.

“As krulhare reguit geblaas word, moet jy volume aan die einde van jou stileerproses insit. Jy het rollers nodig en ’n haarsproei wat sag genoeg bly sodat jy jou vingers later deur jou hare kan trek,” sê Hannon.

Hannon het vir Carien ’n nuwe haarkleur gekies wat modern lyk en die oog trek.

Carien Marais soos sy gelyk het voordat Hannon haar getransformeer het.
Die juffrou wat nou die koppe laat draai – ’n splinternuwe Carien Marais.Foto’s: MICHELLE BAILIE

’n Donkerder haarkleur beklemtoon blou oë meer, dus het Hannon Carien se hare byna vier skakerings donkerder gekleur. Hy het toe ook baie ligte sonstrepe ingesit.

Volgens Hannon sprankel Carien se helderblou oë reeds en het sy daarom net brons oogskadu nodig om die blou uit te lig.

“Sy kan die binnekant van die oë omlyn met ’n swart gel-oogpotlood omdat ’n gel-potlood allergie teenwerk en veilig is om in die oë te gebruik.”

Lizel van der Westhuizen, die stilis, sê as Carien haar praktiese voorkoms wil transformeer na ’n vrouliker voorkoms, moet sy in die toekoms ander keuses maak.

Verruil effekleurige bloese vir blommotiewe en pak van die blou uitrustings weg en dra sagter kleure soos pienk, geel en pers.

Langbroeke is gemaklik, maar ’n rok net bo die knie is baie vrouliker en vleiend.

Denims hoef nie noodwendig net blou te wees nie. Probeer gekleurde denims in verskeie skakerings.

Verruil plat skoene vir gemaklike hakskoene, al is dit nie baie hoog nie.

Een gelukkige leser kan ’n R2 500-Hannon-geskenkpak wen. Stuur jou naam, van, adres en telefoonnommer na vrydag@media24.­com met Hannon in die onderwerpveld.

Die sluitingsdatum is Maandag 8 Junie om 12:00.

Meer oor:  Hannon Bothma  |  Glam Guru  |  Kyknet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.