Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Koebaai, ‘Jukebox’
kykNET Nou!
Pieter Koen, aanbieder van Jukebox.

Dit was lekker, maar dis nog lank nie verby nie, sê Pieter Koen, aanbieder van die musiekreeks Jukebox op kykNET Nou! wat Saterdag die laaste keer uitgesaai word.

Dié musiekreeks wat 12 jaar gelede begin het, neem ’n “vakansie”.

Die reeks gaan later hervat word, maar die datum is nog onbekend.

Voortaan sal ander musiekinsetsels in dié tydgleuf uitgesaai word.

“Ek gaan my bes probeer dat ons die beste van 12 jaar in twee uur kan inpas,” sê Koen oor die laaste episode.

Die ateljeegaste is die sangers Kurt Darren en Gerrie Pretorius.

“Uiteraard het ek Kurt dadelik genader toe ons hoor die reeks eindig voorlopig. Kurt was die aanbieder wat vir die eerste drie jaar as kaptein die skip te water gelaat het,” sê Koen.

“Gerrie moes ook al in die verlede as aanbieder instaan en daarom is hy ons laaste ateljeegas. Ek en Kurt gaan bietjie murmureer oor die vroeë dae van die reeks. Daar sal lekker segmente en hoogtepunte gedeel word. Ons wil die program op ’n gelukkige noot afsluit.”

Koen werk reeds aan ander projekte.

Jukebox
Pieter Koen op die stel van Jukebox.

Die reeks het lank sy naweke oorgeneem.

“Dit was aanvanklik ’n opoffering en ’n mens moes dink aan jou ander werk, maar ek het besluit om dit positief te benader. Ek kan glad nie negatief terugkyk op hierdie ervaring nie.”

Kykers het oorweldigende terugvoer gelewer op die nuus dat die reeks voorlopig eindig.

Hulle verwag dat kykers soos gewoonlik baie boodskappe deur die loop van die uitsending Saterdag na die ateljee gaan stuur.

“Ek was oorstelp oor die reaksie,” sê Koen.

“Hopelik sal mense die reeks onthou, nie net vir die vermaaklikheid daarvan nie, maar ook dat dit ’n instelling geword het, soos Noot vir Noot. Ek wil dankie sê vir al die ondersteuners. Ek dink die reeks eindig terwyl dit op sy kruin is. Wie weet? Miskien keer Jukebox met ’n splinternuwe baadjie terug en ek sal vir seker daarvan deel wil wees.”

* Jukebox word Saterdag om 20:00 op kykNET Nou! (DStv-kanaal 146) uitgesaai.

Meer oor:  Gerrie Pretorius  |  Kurt Darren  |  Televisie  |  Jukebox  |  Pieter Koen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.