Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Koevert tot koevert word seën uitgedeel
Donnalee Roberts Foto: Verskaf

Sy het gedink dis ’n grap toe sy die oproep van VIA ontvang. Sy het die foon neergesit en maar gewag om te sien hoe die grap uitdraai.

Dié “grap” het geblyk ’n hele R10 000 te wees uit dankbaarheid vir wat Liezel McLennan vir oud en jonk, mens en dier doen. McLennan is een van daardie aardse engele wat ingestel is op die nood van mense om haar. En dit is by haar dat VIA en Netwerk24 se dankie-sê-ketting in die 11de episode van Die Koevert eindig.

Elanie Fourie en Hermien Louw van Samaritan’s Feet.
Madri Schuch en Hettie Orffer van Youth4Life.
Liezel McLennan en van die mense na wie sy omsien.

Dié ketting begin hierdie keer by die aktrise en rolprentvervaardiger Donnalee Roberts, wat huil as sy net Samaritan’s Feet noem, ’n organisasie in die Boland wat die uitdeel van skoene aan behoeftige kinders gebruik om by hul harte uit te kom.

Die leiers van die organisasie, Elanie Fourie en Hermien Louw, het nie in hul wildste drome gedink ’n swart koevert met ’n bedrag geld sal op ’n dag in hul hande beland nie. Nog minder dat hulle ook ’n koevert sal kry waarmee hulle verder seën kan uitdeel.

Dit is duidelik die vroue se uitreik na kinders kom uit die hart, net soos die werk wat Hettie Orffer en Madri Schuch van Youth4Life doen. Die lei, rig en opvoed van jong kinders doen hulle met ’n passievolle hart. Daarby glo hulle om van jong kinders leiers te maak is ’n vorm van pay it forward, want daardie kinders kweek in hul gemeenskap leiers deur die waardes oor te dra wat hulle by Schuch en Orffer leer.

Dit is dié twee vroue wat besluit het om hul aangee-koevert met R10 000 aan McLennan te oorhandig.

Die verrassingselement in die reeks dwing ’n mens om dit week ná week te kyk. Daar is geen twyfel nie dat die skeppers van Die Koevert weet hoe om ’n geheim te bewaar en op hierdie manier die weldoeners telkens onkant te betrap met ’n dankbaarheidsbedrag.

Meer oor:  Donnalee Roberts  |  Die Koevert  |  Tv-Program  |  Kyknet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.