Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Komedie wat in PE afspeel, begin Woensdag

Inwoners van Port Elizabeth gaan Woensdagaand vasgenael voor die kassie sit wanneer ’n splinternuwe komediereeks wat in die stad verfilm is, begin.

Kniediep in die Warm Water se 13 episodes is in Port Elizabeth verfilm deur die plaaslike maatskappye Sunshine Coast Studios en Obed.

Benito Carelse vertolk die rol van Eldridge, ’n fiksheidsinstrukteur. Foto: Facebook

Die storie is gesentreer om Wonderwaters, ’n boetiekhotel en spa aan Port Elizabeth se strandfront, waar die personeel hul bes doen om gaste te laat glo die hotel is so luuks as wat hy voorgee om te wees.

Port Elizabethse akteurs het die kans gekry om langs gesoute akteurs soos Jacques Gombault, Chanelle de Jager en Clara Joubert van den Bergh hul staal te wys.

Benito Carelse, wat die rol van Eldridge vertolk, is opgewonde dat die projek waaraan hy twee jaar gelede gewerk het, nou uitgesaai gaan word.

Carelse is in Port Elizabeth gebore. Hy woon en werk in die stad en het ook reeds sy staal gewys as kameraman en regisseur in verskeie projekte.

Hy sê hy is aanvanklik gevra om ’n oudisie te doen vir twee episodes van die reeks, maar het toe een van die hoofrolle losgeslaan.

Eldridge is ’n voormalige sewesrugbyspeler, wat die sport onder ’n wolk van omstredenheid verlaat het.

Hy is Wonderwaters se persoonlike fiksheidsinstrukteur en sukkel soms om sy ego en aggressie te beteuel. Hy beland gevolglik gereeld in die moeilikheid, maar hy kan ook baie sjarmant wees.

Nog ’n plaaslike gesig is dié van Heather Baartman as Rochelle, Wonderwaters se masseuse.

Rochelle is ’n jong ma wat onlangs deur haar treurige man in die steek gelaat is.

Ander plaaslike gesigte wat in die reeks te sien is, is die bekende rymkletser Early B Swartz en Fiks Mahola wat voorheen ’n rol gehad het in 7de Laan.

Die regisseur is David Lister. Die eerste episode van die reeks word Woensdag om 19:30 op SABC2 uitgesaai.

Meer oor:  Komedie  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.