Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kort reeks oor hulpelose pa, obsessie boei

Trauma

Met Adrian Lester en John Simm.

Geskep deur Mike Bartlett

***

Die idee is goed: ’n Dokter wat in die noodeenheid van ’n hospitaal werk, haas hom een aand na die noodeenheid waar ’n gewonde seun lê wat met ’n mes gesteek is. Die kind sterf egter terwyl die dokter opereer.

Sy pa hou die dokter vir nalatigheid verantwoordelik en sweer om by die waarheid uit te kom. Hoe hy dit doen, is dalk vergesog en soms gedwonge, maar dié TV-reeks van drie episodes bring sy boodskap tog tuis. ’n Mens stem net nie met alles saam wat die draaiboekskrywer opdis nie.

Die openingstoneel, waar die dokter se dogter teen ’n krans uitklim, en die wyse waarop hy die klimtog hanteer, speel ’n sleutelrol in wat uiteindelik gebeur en skep spanning buite die hospitaal. Het die dokter dalk ’n swakheid wat hier reeds gewys word? Of is die skurk dalk die pa wat hom so jag?

Voornemende kykers kan seker wees dat hulle emosioneel betrokke sal raak en dat die dokter en die pa van die oorlede seun se trauma sensitief uitgebeeld word.

Veral die hospitaaltonele is aangrypend en realisties.

En dit is veral John Simm se sensitiewe uitbeelding van ’n doodgewone man in buitengewone omstandighede wat ’n mens boei – ook Adrian Lester se gesaghebbende, maar geteisterde dokter.

Dit is geen grootse of onmisbare sensasionele reeks nie, maar kan jou lank oor obsessie, woede en ouerlike hulpeloosheid laat debatteer. Maar uiteindelik gaan dit oor die wrede waarheid tot elke prys.

  • Op M-Net, kanaal 101. Begin 13 September 22:00.
Meer oor:  Tv-Reekse  |  Vermaak  |  Trauma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.