Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kostuumwonderwerker van Krugersdorp

Heidi du Toit, eienaar van haar eie megawinkel, Hollywood Costumes, maak haar deure vir ons oop en neem ons op ’n kleurvolle avontuur in die reeks Heidi Hollywood. Heidi het die vermoë om enige kostuumdroom ’n werklikheid te maak. Ons gesels met haar oor haar liefde vir kostuums en haar uitdagings as aanbieder van haar eie werklikheidsprogram.

Heidi du Toit

Jy verwesenlik mense se kostuumdrome. Waar kom jou passie vir kostuums vandaan?

My passie het ontwikkel van ’n baie vroeë ouderdom. My ouma en my ma het met stukke lap getoor en droomaandrokke gemaak. Ek het dit geniet toe ek jonger was om tussen al die lappe te speel en het my eerste rok gemaak toe ek nege jaar oud was.

Hoe het jou megabesigheid begin?

In 1995 was ek maar net ’n jong modeontwerper in Krugersdorp met ’n groot hart vir mense en kleur. Dit het klein begin en oor die jare het dit net groter en groter geword. My droomkasteel van kostuums is nou al 23 jaar aan die gang.

Het jy enige ander stokperdjies?

Die vervaardiging van klere en kostuums is my stokperdjie. My werk is nie ’n werk nie, dit is my passie. Mens hoef mos nooit in jou lewe te werk indien jy doen wat jy geniet nie.

Geniet jy dit om voor die kamera te wees? Na watter produksie-elemente sien jy die meeste uit?

Ek is net myself voor die kamera en elke keer is daar ’n ander opwindende avontuur.

Nie net is jy ’n towenaar agter die naaimasjien nie, maar het ook ’n passie vir musiek maak. Indien jy nie Hollywood Costumes begin het nie, sou jy ’n loopbaan in die musiekbedryf nagejaag het?

My grootste passie is klere maak en om in die modebedryf te wees. Ek is lief vir musiek maak, maar sal nooit myself as ’n sangeres beskou nie. Ek sal liewer ’n bestuurder van ’n groep wou wees, indien die lewe só sou draai.

Wat is die mees algemene versoek wanneer kliënte by jou deure instap?

Mense wat instap by Hollywood Costumes versoek altyd iets van produksieklere of net iets vir ’n byeenkoms of om volgens ’n tema aan te trek. Dit is waar hulle weer daardie kind binne hulself kan laat uitspring en enigiets kan wees wat hulle wil wees.

Wat is volgende vir jou?

Ek het nog ’n paar mylpale om te bereik en my kop is soos ’n netwerk van ontploffings. My hart is altyd oop vir nog goed en ek sê altyd “ja” vir nuwe uitdagings en danksy my span kry ons dit reg om uitdagings in enorme suksesse te omskep.

  • Heidi Hollywood begin komende Maandag met ’n nuwe episode om 18:00 en heruitsendings op Saterdae om 17:00 net op Via, DStv-kanaal 147.
Meer oor:  Via  |  Vermaak  |  Tv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.