Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: 50 vreemdelinge, 1 huis, 3 weke - Wie gaan wen?

Vir die eerste keer op Suid-Afrikaanse bodem kom die reeks wat kykers oorsee aan die gons gehad het, VIA (DStv-kanaal 147) toe!

Die akteur Amalia Uys en radio- en TV-persoonlikhe
Die akteur Amalia Uys en radio- en TV-persoonlikheid Zoë Brown is die aanbieders.

50 vreemdelinge deel ’n tweeslaapkamerhuis – toegerus met kos, toiletwareen beddegoed vir net twee mense – vir drie weke in VIA se splinternuwe werklikheidsreeks, Trap! Dis my huis. ’n Pryspot van tot en met R1 miljoen is op die spel, maar daar wag ’n kinkel vir die huismaats.

Trap! Dis my huis is gegrond op die opspraakwekkende internasionale TV-formaat met die naam Get the F*ck Out of my House.

Die reeks is voorheen in Nederland, Duitsland en Brasilië verfilm en uitgesaai en nou sal VIA se weergawe dié formaat se eerste vertakking op die Afrika-vasteland wees. Die aktrise Amalia Uys en radio- en TV-persoonlikheid Zoë Brown is die aanbieders.

Die uitdaging

Die program is ’n opwindende sosiale eksperiment. Die uitdaging wat vir die 50 deelnemers voorlê, is eenvoudig: Daar is slegs slaapplek vir twee, kos en drinkgoed vir twee en twee badkamers en toilette met geen privaatheid nie. 

Daar is slegs slaapplek vir twee, kos en drinkgoed vir twee en twee badkamers en toilette met geen privaatheid nie.

Die 50 huismaats moet vir drie weke uithou en dié wat oorweldig voel deur die ervaring, het die opsie om enige tyd die huis en, in die proses, die kompetisie te verlaat. Deelnemers word gereeld deur die huismaats uit die huis uitgestem.

Die huismaats moet vir die tydperk klaarkom met voorraad vir net twee mense, maar het ook geleenthede om nog kos, toiletware, beddegoed en meer vir die huis te kry.

'n Geldpot op die spel

R1 miljoen word gespaar in ’n geldpot en deelnemers het die opsie om van dié geld te gebruik om voorraad vir die huis te koop. Voorraad kan ook deur middel van mini-kompetisies en -speletjies losgeslaan word. Die geld wat nie gebruik is nie, is dan die wenner se prys.

“Ons is rasend opgewonde oor hierdie formaat,” sê Izelle Venter, kanaalhoof van VIA.

“Ons is rasend opgewonde oor hierdie formaat,” sê Izelle Venter, kanaalhoof van VIA.

“Ons het besluit dis reg vir die tydsgees – die wêreld is 'n bietjie wild, deurmekaar en ’n onverwagte avontuur, die formaat ook! Boonop word die konsep van privaatheid tot sy uiterste beproef."

Die program begin Woensdag 15 Januarie 2020 om 20:30 op die Afrikaanse leefstylkanaal VIA (DStv-kanaal 147). Heruitsendings op Vrydae om 18:00 en Saterdae om 22:00.

Die program word geborg deur Anton Mulder Konstruksie en vervaardig deur dieproduksiemaatskappy Afrokaans – die bekwame vervaardigers van onder andere M-Net se Survivor South Africa.

TV-roosters vir VIA is in Afrikaanse koerante, Huisgenoot, tvplus en op viatv.co.za endstv.com beskikbaar. Volg VIA TV op Facebook en @viatv op Instagram om op die hoogtete bly van al die nuutste verwikkelinge. Vir nog besonderhede oor die programme of aanbieders, kontak Saskia Hill by saskia.hill@media24.com of besoek viatv.co.za.


Meer oor:  Via  |  Werklikheidsreeks  |  Trap! Dis My Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.