Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Bobby en Karlien gaan jou laat lag en huil

Die moeilike omstandighede waarin kinders hulself bevind, het Bobby en Karlien van Jaarsveld veral geraak in die verfilming van die tweede reeks van In jou skoene.

Die broer-en-suster-glanspaar het onder meer kinderhospitale besoek en beleef waardeur kinders op die Kaapse Vlakte daagliks gaan.

“Dit raak my hart die meeste en maak die seerste. Dit raak ’n senuwee aan wat min ander dinge aanraak,” sê Bobby.

Die tweede reeks van die werklikheidsprogram begin oor twee weke en hierin gaan die twee te kampe hê met situasies wat nou selfs verder buite hul gemaksone is.

Dit is Dinsdagaand in Pretoria bekend gestel.

Broer en suster glanspaar, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Dinsdagaand tydens die bekendstelling van die tweede reeks van die werklikheidsprogram Bobby en Karlien: In jou skoene.Foto: Deaan Vivier

In elke episode word Bobby en Karlien op ’n lewensveranderende uitdaging gestuur.

“Ons is baie opgewonde oor die tweede reeks,” sê Karlien. Sy beskou dit as die spesiaalste projek wat sy al in haar loopbaan aangepak het.

“Hierdie program is so authentic en real. Dit is so amazing om te gaan sit by mense wat hul huis vir jou oopmaak. Hierdie laat jou toe om regtig tyd te spandeer met ander mense en regtig te sien wat is hul diepste seer en die ding wat hulle die blyste maak.”

In dié seisoen het Bobby en Karlien onder meer gaan kuier op die Kaapse Vlakte.

“Dit is elke keer vir ons amazing om te sien hoe hierdie arm mense lewe. ’n Mens kan nie onveranderd daar wegstap nie,” sê Karlien.

“Jou gedagtes en lewe verander en ek besef hoe vasgevang ons raak in ons eie wêreld. Dit is die program wat my gered het van hierdie bedryf, wat baie fake kan wees.”

Bobby beskryf In jou skoene as ’n liefdadigheidsprogram.

Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, Dinsdagaand tydens die bekendstelling van die tweede reeks van die werklikheidsprogram Bobby en Karlien: In jou skoene.Foto: Deaan Vivier

“Dit gaan daaroor om ander mense te help, uit te reik waar jy kan – en dit is waarvoor ons hier is.”

Carien Loubser, regisseur van In jou skoene, sê die program het begin as ’n TV-program, maar uitgedraai as ’n persoonlike reis.

Bobby en Karlien kry in die reeks te doen met veel groter uitdagings. “Hulle is braaf, gee nie om om hul hande vuil te maak om ander te help nie en oordeel nooit nie.”

Kykers kan verwag om baie te lag en te huil.

* Die tweede reeks van Bobby en Karlien: In jou skoene begin op 8 Mei om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

Bobby en Karlien van Jaarsveld Dinsdagaand tydens die bekendstelling van die tweede reeks van die werklikheidsprogram Bobby en Karlien: In jou skoene.Foto: Deaan Vivier
Karlien van Jaarsveld vertel Dinsdagaand meer van die tweede reeks van die werklikheidsprogram Bobby en Karlien: In jou skoene.Foto: Deaan Vivier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.