Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Clegg weer op 'Republiek van Zoid Afrika' op kykNET

Die episode waarin die sanger en liedjieskrywer Johnny Clegg, wat Dinsdag dood is, op Karen Zoid se geselsprogram Republiek van Zoid Afrika as gas verskyn het, word Sondag weer op kykNET uitgesaai.

Karen Zoid
Johnny Clegg saam met Karen Zoid op Republiek of Zoid Afrika op kykNET.

Clegg (66) is by sy huis in Johannesburg aan pankreaskanker dood. Hy het op die program ook oor sy siekte gepraat. Die ander gaste was die joernalis Erns Grundling en die komediant Schalk Bezuidenhout.

Clegg was veral bekend vir sy magiese samesmelting van Zoeloe-ritmes en melodieë met folk-, pop- en Afrika-invloede wat meer as vier dekades wêreldwyd aandag getrek het.

  • Clegg sing aan die einde van die episode ook saam met Zoid sy treffer “Great Heart”. Dit word Sondag om 09:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
Meer oor:  Kyknet  |  Musiek  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.