Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Die groot Emmy-wenners

Die eienaardige komedie Schitt’s Creek, die dramareeks Succession en die distopiese drama Watchmen het Sondag die 72ste Emmy-toekennings oorheers.

Met die koronavirus-pandemie wat steeds sy greep op die wêreld het, het dit beteken dat die meeste bekendes vanaf hul rusbanke en agterplase in verskillende aandrokke en selfs slaapklere aan die geleentheid deelgeneem het.

Die Emmy-toekennings is virtueel vanuit die Staples Center in Los Angeles aangebied en die komediant en geselsprogramaanbieder Jimmy Kimmel was die gasheer.

HBO se Succession, wat handel oor ’n opstandige mediafamilie, is as die beste dramareeks aangewys, en Jeremy Strong as die beste akteur in sy rol van ’n verknegte seun.

Succession het ook pryse vir die draaiboek en regie ontvang.

Die grootste verrassing van die aand was toe die voormalige Disney Channel-aktrise Zendaya (24) vir haar rol as ’n tiener-dwelmverslaafde in Euphoria van HBO as die beste aktrise in ’n drama aangewys is.

Die gunstelinge vir die prys was Laura Linney in Ozark en Jennifer Aniston vir The Morning Show.

Schitt’s Creek, ’n treffer oor ’n voorheen welgestelde gesin wat noodgedwonge in ’n verouderde motel moet woon, het sewe Emmys, waaronder beste komediereeks en pryse vir die Kanadese sterre Catherine O’Hara, Eugene Levy, Daniel Levy en Annie Murphy verower.

Dit is die eerste keer in die Emmys se 72 jaar dat ’n komedie al sewe kategorieë in dieselfde jaar wen, het die organiseerders gesê.

Zendaya het haar heel eerste Emmy-toekenning vir haar rol in “Euphoria” ontvang. Foto: AP

Watchmen van HBO het die prys vir die beste beperkte reeks gewen, en die aktrise Regina King was vir haar rol as die opspraakwekkende speurder die wenner. Yahya Abdul-Mateen II is as die beste byspeler aangewys. Watchmen het ook ’n prys vir sy draaiboek opgeraap.

Damon Lindelof, die skepper van die reeks, het die prys opgedra aan die slagoffers en oorlewendes van die 1921-slagting van die swart gemeenskap in Tulsa, Oklahoma, wat die reeks deels geïnspireer het.

Weens die koronavirus-pandemie is geen rooi tapyt uitgerol nie en die gehoor kon nie fisiek teenwoordig wees op die geleentheid wat regstreeks op ABC uitgesaai is nie. In plaas daarvan het die vervaardigers kameras en mikrofone gestuur aan al die genomineerdes wat op 125 plekke wêreldwyd versprei is.

Sien die volledige lys wenners hier. – Reuters

Meer oor:  Hollywood  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.