Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Dié mans wil hart van SA se ‘Bachelorette’ steel
Qiniso van Damme (28), model, aktrise en ster van die heel eerste reeks van ‘The Bachelorette SA’.

Die rolle is nou omgedraai: Dit is vanjaar nie weer 22 vroue wat meeding vir ’n sjarmante kêrel op The Bachelor nie, maar eerder ’n groep mans wat koer agter ’n vrou aan op The Bachelorette.

Vanjaar net voor Valentynsdag sal Suid-Afrikaners kennis maak met die mans wat toustaan vir die aandag van Qiniso van Damme (28) in die eerste Suid-Afrikaanse reeks van The Bachelorette.

M-Net het Donderdag vyf van die mans aan SA bekend gestel – en onder hulle is ’n onderwyser, ’n bankier, ’n aspirant argitek, ’n rekenmeester en ’n versekeringsmakelaar.

“Qiniso, ’n model, aktrise en meestersgraadstudent, gaan op ’n reis gevul met romanse, hartseer, trane, opwinding en drama,” lui die verklaring van M-Net.

Van Damme, die jonger suster van DA-LP Phumzile van Damme, is in 1993 gebore aan ’n Belgiese pa en ’n Suid-Afrikaanse ma. Sy is half Swazi en half Zoeloe en woon in Kaapstad.

Hier is vyf van die mans wat sy op die program gaan leer ken:

Ten Naidu (36) van Durban is ’n I.T.-spesialis en skoolonderwyser wat Engels, inligtingstegnologie en wiskunde aanbied. Hy het onlangs oorsee begin modelwerk doen.

Ten se gesin het Suid-Afrika verlaat toe hy in sy vroeë tienerjare was en hy het in die laaste nege jaar 90 lande besoek “om te leer, te bid en liefde te vind”. Hy is nou terug om ook in sy geboorteland liefde te probeer vind.

Hy sê hy wil sy 100ste land saam met iemand spesiaal besoek. Hy was voorheen in ’n kortstondige verhouding wat hom aan Qiniso herinner, en voel dit voorspel net goeie dinge.

Ruan Meyer (26) van Bloemfontein en studeer argitektuur. Meyer het vier jaar gelede na Pretoria verhuis om argitektuur aan die Tshwane-universiteit vir Tegnologie in Pretoria te studeer.

Hierdie stap het sy verhouding van drie jaar met sy hoërskoolliefde verbreek. Meyer bestuur sy eie nuwe konstruksiemaatskappy terwyl hy verder studeer. Hy erken dat hy sy gelykenis met die TV-reeks Game of Thrones se karakter John Snow gebruik het om vroue se aandag te wen, maar hy wil oor meer as dit praat.

Hy het ’n sterk Afrikaanse aksent en sê hy sal Qiniso graag op ’n romantiese afspraak na Italië wil neem.

Kganya Rapoo (23) van Johannesburg is ’n rekenmeester, meesterstudent en dosent. Hy kan beskryf word as “’n lieflike geek met ’n glimlag wat ’n kamer ophelder”. Sy naam beteken “lig” en hy “is volwasse vir sy ouderdom”.

Hy sê hy is ’n ekstrovert wat graag uitgaan en lekker kuier. Hy het baie energie, is lief daarvoor om liefde in die openbaar te toon. Hy beskou homself as baie sentimenteel en ’n vredemaker.

Bradley Newton (27) van Johannesburg werk in die bank- en versekeringsbedryf. Hy is ’n atleet en ywerige hip-hop-danser. Hy beskou homself as volwasse en ’n bietjie bereken en direk.

Vir Bradley moet alles met perfeksie uitgevoer word. Omdat hy ’n sportman is het hy baie selfvertroue, sê hy. Hy het ’n ateljee waar hy die afgelope tyd hip hop-opnames doen. Hy reis die wêreld vol en geniet eksklusiewe klubs en partytjies.

Dylan Heneck (27) van Kaapstad werk in die musiek-bedryf. Hy woon in ’n omgeboude BnB saam met agt van sy vriende en het ’n graad in besigheidswetenskap.

“Hy is gebore in Amerika en is woonagtig in Suid-Afrika sedert 2006 toe hy 14 was. Hy hou van die kollig en is ’n bietjie van ’n moeilikheidmaker. Hy bring winters oorsee deur.”

Hy het al baie wonderlike verhoudings gehad, maar het nooit die een gevind nie. Vroue wil altyd toewyding by hom hê, maar hy hardloop weg daarvan. “Commitment is nie my sterkpunt nie!”

The Bachelorette begin Donderdag 11 Februarie om 19:30 op M-Net, DStv-kanaal 101.

Ten Naidu (36) van Durban, ’n I.T.-spesialis en skoolonderwyser.
Ruan Meyer (26)van Bloemfontein, ’n aspirant argitek.
Kganya Rapoo (23)van Johannesburg, ’n rekenmeester, meesterstudent en dosent.
Bradley Newton (27)van Johannesburg werk in die bank- en versekeringsbedryf.
Dylan Heneck (27)van Kaapstad werk in die musiekbedryf.

Meer oor:  Qiniso Van Damme  |  Bachelorette Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.