Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Erns is weer elders – in Japan

Rugby en stap is die twee aanknopingspunte waarop die joernalis Erns Grundling gaan fokus vir die nuwe kykNET-reeks Elders: Japan.

Van 2 Julie kan kykers die bestemmings volg waar hy vyf weke in Japan deurgebring het.

Soos in sy vorige reeks Elders: Die Camino, verken hy pelgrimsroetes, maar die reeks oor Japan bevat baie meer leefstyl-elemente.

Vir sy tweede oorsese reeks het Grundling op Japan besluit met die Rugbywêreldbeker wat in September hier begin en die Olimpiese Spele wat in 2020 in Tokio aangebied word.

Elders: Japan
Erns Grundling in Japan tydens die verfilming van die reeks Elders: Japan.

“As Japan al ooit op Suid-Afrikaners se radar sal wees, dan sal dit in die volgende jaar of wat wees,” sê Grundling.

“Maar daarmee saam wou ek tog iets van die stap-element deurvoer. Ek het gedink aan die frase meaningful bucket list travel. Die geleentheid om na wonderlike plekke elders te gaan. Dit raak so ’n bietjie ’n soeke na betekenis, maar nie heeltemal filosofies nie, maar eerder ’n bietjie onder die oppervlak kyk. In Japan was ek die hele tyd bewus van hoe oorweldig ek voel.”

Hy verken twee pelgrimstogte in Japan, die Koemano Kodo en die Nakasendo. Hy klim ook berg Foedji en besoek ’n museum waar hy ’n ninja- en samoerai-ervaring het. Hy kom ook te staan teen ’n soemostoeier. 

Hy skryf ook tans ’n boek oor die ervaring, Sushi en Shosholoza, wat in September uitgereik word.

“Soos ek navorsing gedoen het, het ek gesien Japan is net so wonderlik vreemd en anders vir die Westerse oog en psige. Dit is net so anders as dit waaraan ’n mens gewoond is.”

Grundling en PJ Kotze, wat die reeks saam met hom vervaardig, het vooraf gou besef dat hulle nie Japan kan besoek sonder om die kultuur daar te verken nie.

“Soos Osaka, wat Japan se kombuis genoem word.”

Hulle het ook Hirosjima aangedoen.

Erns Grundling
Erns Grundling saam met Johann en Hennie Symington in Tokio.

Baie van die afsprake en onderhoude het spontaan gebeur.

“Ons was maar bietjie soos cowboys. Ons het van die heup af geskiet.”

Grundling was al op die O.R. Tambo-lughawe op pad na Tokio toe hy ’n e-pos van die rugbyspeler Duane Vermeulen ontvang het wat hom laat weet het dat hy met hulle sal gesels.

Erns Grundling
Erns Grundling eet sushi by 'n rugbywedstryd in Nagoya.

Grundling het gesels met Wimpie van der Walt, die enigste Suid-Afrikaner wat vir Japan rugby speel.

“Ek het hom gesien. Ek het in Osaka in ’n bar op die TV gekyk hoe hy teen die All Blacks rugby speel.

Twee aande later het ons ge-dinner en ge-interview. Dan Carter het vir my geleer hoe om ’n stelskop te doen. Daar in die oomblik het ons net vir alles gegaan.”

En hul eerste vier aande het hulle deurgebring in die pastorie van die Suid-Afrikaanse predikant en oud-redakteur van die Kerkbode ds. Johann Symington, en sy vrou, Hennie, wat deesdae in Japan woon.

“Ons het ’n brief in Engels en Japannees van die Japanse ambassade in Pretoria gekry waarin hulle hul seën oor ons projek uitspreek. Dis in Japannees vir wie ook al vir ons ’n brief vra en sê ons mag hier wees. Die brief sê basies wees hulle net genadig. Dit het soveel deure vir ons oopgemaak. Maar die gemiddelde persoon is van nature hoflik en ondersteunend.”

* Elders: Japan word van 2 Julie Dinsdae om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Die reeks gaan sal ook op Showmax beskikbaar wees.

Meer oor:  Erns Grundling  |  Televisie  |  Elders: Japan  |  Kyknet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.