Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Geheime, verraad en tragedie in nuwe reeks

Die verraad, geheime en vervreemding in M-Net se nuwe dramareeks Still Breathing is veral van toepassing op die Suid-Afrika wat mense vandag ken en ervaar.

Daarom glo die aktrise Kate Liquorish, een van die spelers, elkeen wat dié reeks volg oor ’n groep vriende wat deur ’n tragedie herenig word, sál ’n mening hê en hulself in een van die karakters raaksien.

Kate Liquorish in ‘Still Breathing’, wat op 27 Februarie op M-Net begin. Foto: M-Net

Dit begin op 27 Februarie om 20:00.

“Die reeks fokus op die tydstip in jou lewe wat jy tussen 35 en 45 jaar oud is,” sê Liquorish.

“Dis ’n tyd waarin dinge soms kan skeefloop. Die groep vriende draai hoofsaaklik rondom die twee susters, Jess en Abi, en hul familie.”

Liquorish vertolk die rol van Abi.

Die groep vriende herenig nadat Abi se man in ’n ongeluk was.

“So daar is die tema van mense wat vervreemd raak en dit wat hulle weer by mekaar uitbring.”

’n Paar geheime kom op die lappe.

Tiffany Barbuzano, wat Jess vertolk, is die draaiboekskrywer en vervaardiger en haar man, Johnny Barbuzano, is die regisseur.

Ty Keogh, Tiffany Barbuzano en Kate Liquorish op die stel van ‘Still Breathing’. Foto: M-Net

Tifanny se seuns, Jamie en Jesse, vertolk boonop haar kinders in die reeks.

“Tiffany het haar baie goed van haar taak gekwyt met hierdie teks,” sê Liquorish.

“Hoewel die storie swaarmoedig voorkom, is daar ’n goeie balans met werklike skerp humor. En dit is nodig, want dit is ’n hartverskeurende storie wat verhoudings en waarhede weerspieël wat ons alte goed ken. Jy sal aangetrokke tot sommige van die karakters voel.”

Die res van die rolverdeling sluit in Ty Keogh, Lorcia Cooper, Shannon Esra, Siv Ngesi en Susan Danford.

“So ’n goeie rolverdeling beïnvloed ook jou vertolking, want dis ’n lekker groep om in te werk. Almal was baie opgewonde toe ons die draaiboek die eerste keer saamgelees het.”

Liquorish, wat die rol van die anti-apartheidsaktivis en joernalis Ruth First in die mini-reeks Madiba vertolk en in toneelstukke soos Crepuscule en Buried Child gespeel het, hou van televisiewerk.

“Ek doen dit meer en meer. Dit is ’n medium wat jou herinner aan die spreekwoord ‘it takes a village to raise a child’. Dis vir my lekker om daagliks saam met ’n groep akteurs te werk en as ’n span ’n storie te vertel. “Daarbenewens is die tegnici en die grimeerkunstenaars deel van jou vangnet. Hulle almal help jou om die beste spel te lewer wat jy kan.”

Die span het nege weke aan die reeks se 13 episodes verfilm.

“Dit behels 20 bladsye se dialoog per dag. In die VSA doen ’n mens vier bladsye per dag. So almal moet goed voorbereid wees, want daar is net drie of vier skote. Maar almal was wonderlik en daarom was dit vir my so ’n goeie ervaring op die stel.”

* Still Breathing begin op 27 Februarie om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.