Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Gewilde ‘Living with Afrikaans’ kry nuwe drama

Die akteur Divan Laing sê hy sou nooit in sy wildste drome kon raai dat die plaaslike webreeks Living with Afrikaans so gewild sou wees nie.

Die komedie se eerste agt episodes, wat verlede jaar gratis op YouTube uitgereik is, is meer as 3,8 miljoen keer gekyk – en dié syfer klim steeds, met die loodsepisode wat op sy eentjie na die miljoenkerf mik.

Nou is nog vyf episodes uitgereik en nog agt is op pad. Die nuwe aflewerings bekyk weer die ingewikkelde dog skreeusnaakse verhouding tussen Dirkie, ’n Afrikaanssprekende man vertolk deur Laing, en Nomatriquency, wat byna glad nie Afrikaans verstaan nie. Die lagtrane rol veral omdat Nomatriquency deur ’n man, die YouTube-ster Lasizwe Dambuza, vertolk word.

“Ek dink die reeks is so gewild juis omdat dit so divers is,” sê Laing. “Dit is basies twee mans wat ’n heteroseksuele paartjie van gemengde ras vertolk – en vir mense wys dat liefde nie kleur of grense ken nie.”

Die reeks spruit uit ’n paar YouTube-video’s waarin Dambuza die gek skeer met leerlinge wat Afrikaans op skool leer, maar dit net nie kan baasraak nie.

Toe die eerste agt episodes soos ’n veldbrand op die internet versprei, het Dambuza sy meer as 443 000 YouTube-volgelinge genooi om voorstelle vir die storielyn van daaropvolgende episodes te maak.

“Een van die grootste vrae wat die aanhangers gehad het, was hoe hierdie twee onkonvensionele karakters by mekaar uitgekom het,” sê Laing.

“Voor die Covid-19-pandemie het ons ’n hele ander storielyn (as dít wat nou uitgereik is) geskryf, maar daar was toe dringende samesprekings gehou oor hoe ons die inperking deel van die storielyn kan maak. Al moet ek dit nou self sê: Ek het nie die drama sien kom wat nou aan die gebeur in die nuwe episodes is nie. Hierdie reeks het regtig ’n wenresep.”

Laing sê hy het vrede daarmee gemaak dat aanhangers hom nou Dirkie noem – veral die hordes wat op sosiale media gesê het hulle soek ook ’n Afrikaanse kêrel soos hy.

“Ek het so ’n tydjie terug vir besigheid Port Elizabeth toe gevlieg. Een van my kollegas vra my toe hoekom mense ons so vreemd aankyk. Toe ons van die vliegtuig afklim, vra een tannie: Dirkie, why you going to PE? Ek kan nie wag om te sien wat die reaksie op die nuwe episodes gaan wees nie!”

Die reeks word vervaardig deur Idea Collective, wat reekse vir onder meer MTV maak, en Dambuza se eie vervaardigingsmaatskappy, TD Media. Die nuwe episodes is deur Nkosi Nathi geregisseer.

Die episodes kan gratis op Dambuza se YouTube-kanaal (klik hier) gekyk word.

Meer oor:  Komedie  |  Lasizwe Dambuza  |  Youtube  |  Afrikaans  |  Divan Laing  |  Tv  |  Lasizwe  |  Living With Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.