Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Heldersiende in ‘Die Siener’ op kykNET
Gerald Burger

“Ek is nie God nie, ek is Gerald,” stel die heldersiende Gerald Burger van die nuwe kykNET-werklikheidsreeks Die siener dit duidelik.

“Dit gaan oor my Christenskap, ek wil mense help,” sê Burger wat in dié reeks, vervaardig deur Rian van Heerden, gaan help met kwellings soos geeste en bonatuurlike verskynsels. Die reeks begin op 24 April.

Johan Naudé is die regisseur.

Burger help om geeste te verdryf en besoek plekke soos die Lord Milner-hotel in Matjiesfontein, die Goeie Hoop-kasteel in Kaapstad en Rudd House in Kimberley om vas te stel of dit regtig daar spook.

“Ek doen lesings vir mense deur die vibrasies wat ek van hulle optel. Ek doen dit ook in my persoonlike lewe. Dit is vir my baie scary, ek het my al doodgeskrik vir wat ek sien. Ek raak maar ’n bietjie emosioneel wanneer ek vir mense lesings gee en goed waarneem.”

Burger het jare gelede in die kykNET-reeks Voorblad verskyn toe die episode oor sieners gegaan het. Van Heerden was die aanbieder.

Burger se talent het sy opwagting gemaak toe hy nog ’n kind was.

“Ek is op agtjarige ouderdom in pleegsorg geneem. Ek het goed gesien en ek het dit neergeskryf, ook wanneer dit gaan gebeur. Hoe ouer ek geword het, hoe erger het dit vir my geword.”

Hy het onder meer die Laingsburg-vloed van 1981 voorspel.

“Ek het die nag wakker geword. Ek was voorheen getroud en ek het vir my gewese vrou gesê Laingsburg spoel weg, en sy het gevra waarvan ek praat. Ek het die plasse water gesien en histeries geraak.

Ek is ’n baie private mens. Ek hou van my spasie, want niemand verstaan my nie.”

Sy uitgangspunt bly steeds om mense te help en vir hulle gemoedsrus te bring.

“Die reeks was vir my ’n groot uitdaging omdat ek eintlik nogal privaat is. Ek gee lesings vir die mense op die program en hulle kry die antwoorde waarna hulle soek. Dit is ’n wye spektrum van mense. Sover nog kon ek hulle almal in die reeks help. Dan word daar met my op kamera onderhoude gevoer. Dit gaan regtig vir my daaroor dat ek mense wil help. Ek wil troos en berusting bring, ook vir diegene wat nie meer met ons is nie.”

* Die Siener begin op 24 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.