Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Herleef AIG-konserte saam met VIA

Vrydag begin ’n reeks van vorige uitsendings van Afrikaans is Groot (AIG) se megakonserte.

Tarryn Lamb Foto: Jaco Marais

“Die groot ding van Afrikaans is Groot is dat dit bestaan uit die grootste Afrikaanse kunstenaars sowel as die grootste Afrikaanse liedjies,” sê Johan C. Venter, bemarkingshoof van Coleske Artists wat Afrikaans is Groot aanbied.

“Dit is ’n terugflits na waar alles begin het. Die idee van die uitsendings van die konserte is om te wys hoe dit gegroei het sedert dit in 2012 die eerste keer aangebied is. Intussen was daar tonele soos ’n helikopter wat op die verhoog land en sangers wat deur die dak vlieg. Dit is ook natuurlik danksy die publiek se ondersteuning dat die konsert so ver gekom het.”

Die konserte van 2012 tot 2017 word uitgesaai.

Theuns Jordaan Foto: Jaco Marais

“Hopelik sal dit mense lus maak om die volgende konserte by te woon,” sê Venter.

Die kunstenaars van vanjaar se konsert is nog nie almal bevestig nie, maar Venter sê dat Demi Lee Moore, eerste wenner van die werklikheidsreeks Die Kontrak , sal een van die kunstenaars wees.

Die kontrak is ook ’n reeks uit die stal van Coleske Artists.

* Afrikaans is Groot word Vrydae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

* Afrikaans is Groot 2019 word van 22 November tot 1 Desember in die Sun Arena in Pretoria aangebied.

* Intussen kan Kaapstad uitsien na die Afrikaans is Groot van 14 tot 17 Maart in die GrandWest-casino in Goodwood. Bespreek by Computicket.

Steve Hofmeyr Foto: Jaco Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.