Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk hoe lyk Rox-Zee se knewel

Dit lyk of boer Réan en sy Rox-Zee van die laaste seisoen van Boer soek ’n vrou verloof is.

Hulle albei het foto’s op Instagram geplaas waar Rox-Zee spog met ’n knewel van ’n diamant aan haar ringvinger.

“Definitief my liewe Re. Lief vir jou engel,” het Rox-Zee daarby geskryf.

By Réan se plasing van dieselfde foto’s het hy geskryf: “ ’n Klippie vir my nooi . . . Dis tyd dat ek hom van die durbanbox na die groblershoopbox oorsit.”

Réan bedryf ’n wingerd-en-pekanneutboerdery naby Groblershoop in die Noord-Kaap en Rox-Zee is ’n

skoonheidsterapeut van Durban.

Die paartjie, wat al amper nege maande saam is, lyk dolgelukkig op die foto’s.

Hulle was een van die gunsteling-paartjies van die 11de seisoen van die kykNET-werklikheidsreeks en het reeds aan die einde van die seisoen bekend gemaak dat hulle vinnig wil trou.

Nie Rox-Zee, haar ma (Rijkie Veldhuizen) of Réan kon Sondagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

Dit lyk asof Réan en Rox-Zee nou verloof is. Foto: Instagram/Rox-Zee Veldhuizen
Boer Réan en Rox-Zee met die diamantring aan haar ringvinger. Foto: Instagram/Rox-Zee Veldhuizen

Meer oor:  Rox-Zee  |  Verlowing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.