Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Jessica ‘nie kwaad’ oor blaps op TV

Die Namibiese televisienuusleser Jessica Kaimu wat ná ’n blaps op ’n nuusprogram ’n oornag-internetsensasie geword het, sê sy was glad nie omgekrap toe dit uitgesaai is nie.

Die video het nou ’n status bereik soortgelyk aan dié van “Hugo, bel die polisie”, “My f**, Marelize” en “Hier’s ’n vet f*****”.

In dié video wat wyd en syd op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe die nuusleser Elmarie Kapunda op die Namibiese kanaal NBC haar kollega Kaimu voorstel wat ’n sport-insetsel moet aanbied.

Kapunda praat oor ’n boksgeveg en sê: “Vir meer hieroor, Jessica. Goeie middag, Jessica,” waarna sy vir ’n oomblik nie antwoord kry nie. In ’n poging om haar kollega aan die praat te kry begin Kapunda ’n vraag stel. Dan onderbreek Kaimu haar.

“Nee, ons gaan dit nie so doen nie. Jy gaan my groet, dan gaan jy sê: Take it away. Jy gaan dit nie so doen nie,” sê sy en skud haar kop.

Dan uiter Kapunda die sin wat nou opslae maak op sosiale media: “Jessica, ons is op die lug.”

’n Lang ongemaklike stilte heers dan in die ateljee terwyl die twee vir mekaar kyk, en dan na die kameras kyk. Kapunda het die uitsending onseker afgesluit met die woorde: “Mooi aand en goeienag. En, uhm, kyk mooi na jou familie.”

Jessica Kaimu (regs) korrigeer haar kollega, Elmarie Kapunda, in ’n regstreekse TV-uitsending op die Namibiese nuuskanaal NBC. Foto: Skermgreep
Jessica Kaimu toe die misverstand op regstreekse TV in Namibië gebeur. Foto: Twitter

Die video is derduisende kere op sosiale media gedeel en die twee nuuslesers het besluit om enige vrae daaroor in ’n regstreekse gesprek op Instagram op te klaar.

“Nee, ek was nie die m*** in nie,” het Kaimu in die regstreekse uitsending gesê.

Kapunda het gesê daar is geen kwade gevoelens tussen hulle nie, maar hulle word nou deur boodskappe op sosiale media oorval.

Grappe oor die misverstand is volop op die internet en selfs nuuslesers van die SAUK het die oomblik nageboots in ’n onlangse uitsending.

T-hemde met die woorde “Jessica, we are live” word nou selfs verkoop. Die hutswoord #jessicawearelive was Donderdag een van die mees gebruikte hutswoorde op Twitter in Suid-Afrika.

Kapunda sê sy het Kaimu die vraag in die uitsending gevra om met haar ’n “konneksie te bou” aangesien dit die eerste keer was dat hulle op die lug saamgewerk het.

Sy sê: “Op daardie oomblik kon ek amper nie glo dis werklik nie. Het dit regtig nou net gebeur? het ek gewonder.”

Kapunda het ook volgehou dat sy nie ná die voorval afgedank is nie.

“Ek is baie bly dat dit so ’n bietjie die aandag op Namibië vestig, en dat Namibiërs mekaar ondersteun en dit rondstuur,” het Kapunda gesê.

Jessica Kaimu, Namibiese nuusleser wat oornag ’n sensasie geword het. Foto: Instagram

Meer oor:  Nbc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.