Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Jong aktrise se debuut in donker mini-reeks

Die jong aktrise Jane de Wet maak haar debuut voor die kamera as ’n vermoorde leerling aan ’n spogskool in Moonyeenn Lee se eerste Suid-Afrikaanse televisiereeks in tien jaar.

The Girl from St. Agnes, ’n mini-reeks van agt episodes, begin op 31 Januarie op Showmax.

Ty Keogh Foto: Patrick Toselli

Die 22-jarige De Wet vertolk die rol van Lexi Summerveld, die meisie na wie in die titel verwys word in dié riller vol donker drama wat afspeel by die spogskool St. Agnes, in die KwaZulu-Natalse Middellande.

Lexi word dood gevind by die skool se ou meule.

Graham Hopkins Foto: Patrick Toselli

Dit lyk aanvanklik na ’n tragiese ongeluk, maar gou blyk dit nie ’n ongeluk te wees nie en ’n onderwyseres (vertolk deur Nina Milner) begin ’n soektog na die moordenaar.

Nina Milner Foto: Patrick Toselli

Dan ontdek sy dat sy eintlik niks van hierdie leerling geweet het nie.

“Die kyker kom beslis onder die indruk dat die spogskool nie werklik hierdie morele, etiese skool is nie. Dit is ’n rowwe storie. Daar is geweld en dis beslis baie spannend.”

Tessa Jubber Foto: Patrick Toselli

Benewens haar agtergrond in drama en dans, het De Wet einde 2017 haar BCom-graad in bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch behaal.

Ty Keogh Foto: Patrick Toselli

In 2018 het sy ’n danskontrak in Indië losgeslaan en ná haar terugkeer by die APM-agentskap in die Kaap aangesluit, wat gelei het tot haar rol in The Girl from St. Agnes.

Lee is die afgelope drie jaar vir twee gesogte Emmy-televisiepryse vir die reekse The Looming Tower en Roots benoem.

Akteurs soos Graham Hopkins, Dawid Minnaar, Ty Keogh, Tessa Jubber en Robert Hobbs verskyn ook in die reeks.

“Soos my medespeler Zakeeya Patel gesê het: Elke dag op stel was soos ’n meestersklas. Dit was so lekker om saam met die gesoute akteurs te werk. Die werk op die stel het oplaas vir my in ’n wonderlike leerskool ontaard. Hulle deel so gewillig hul kennis en ervaring.”

Intussen lê ’n klein rol vir De Wet in ’n rolprent voor waaroor sy nog nie veel kan sê nie.

“Ek sal beslis in Afrikaans ook wil werk. Ek wil die Afrikaanse deel van die bedryf leer ken.”

Meer oor:  Televisie  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.