Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Kim se poets op laaste dag by Binnelanders
Kim Cloete (Bronwyn Abrahams), Clinton Brink (dr. Steve Abrahams) en Cindy Swanepoel (Annelize Roux) en op die voorblad van DStv se tydskrif in Mei 2018. Foto: Facebook/Binnelanders

As dit jou laaste dag op die stel is, kan jy mos maar ’n bietjie pret hê.

En dis presies wat Kim Cloete (38) Donderdag gedoen het toe sy ’n “alternatiewe einde” vir haar rol in Binnelanders op Instagram met haar aanhangers gedeel het.

Sy het die rol vertolk van Bronwyn Abrahams, dr. Steve Abrahams (Clint Brink) se vrou.

In Donderdagaand se episode groet Bronwyn Steve finaal en sê vir sy skelmpie Annelize Roux (Cindy Swanepoel) sy kan hom maar kry.

Steve sê egter vir Annalize sy is die grootste fout van sy lewe. Bronwyn vra Steve om haar nooit weer te kontak nie en groet.

“Ek het baie pret gehad om te speel teenoor mense wat ek my beste vriende noem,” het Cloete op Instagram gesê.

Cloete se Instagram-video wys hoe Bronwyn en Steve herenig is en mekaar vurig soen voordat Annelize by die vertrek instorm.

A post shared by Kim Cloete (@kim_cloete) on

Wat daarna gebeur, beskryf Cloete as ’n poets op stel. “Ek gaan julle almal mis. Kyk tot die einde,” skryf sy by die video.

Sommige van haar aanhangers was effens verward, maar die meeste het darem die grappie waardeer.

“Ek is nou gescar. Baie, baie erg,” het Izelle Parsons gesê, met ’n paar laggende emoji’s daarby.

@gbabyr sê: “Nou dis hoe TV moet wees. Pragtig, man, pragtig.”

“Nee man. Ek wil nie eens probeer uitmaak wat aangaan nie,” sê Caitlin Nero.

Erephaan B het die video geniet: “Kyk hou lekka (sic) vry julle, nè!”

“Jis, jy is ’n uitstekende aktrise. Gisteraand se episode was ongelooflik en jy het my skoon in trane gehad,” skryf Juan-Mari Janse van Vuuren.

Ander aanhangers wou weet of Cloete “met swangerskapverlof” gaan omdat sy skryf sy verlaat die sepie “tydelik”.

Cloete verlaat in werklikheid Binnelanders om een van die hoofrolle in ’n nuwe regsdrama op kykNET, Fynskrif, te vertolk.

Cloete was voorheen met die akteur Rowan Cloete getroud. Sy was daarna verloof aan Emo Adams se broer, Loukmaan Adams. Sy is deesdae in ’n verhouding met die akteur Murray Todd, wat onder meer in Invictus te sien was.

  • Binnelanders word Maandae tot Vrydae om 19:30 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai.
Meer oor:  Bekendes  |  Binnelanders  |  Sepie  |  Poets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.