Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Lieb Bester gedenk met foto’s uit sy loopbaan

Die akteur Lieb Bester, wat Woensdag in Pretoria ter ruste gelê is, het in die 1970’s in sy eerste rolprent, Seun van die wildtemmer, as Rupert le Grange harte gesteel, maar hy het geen toneelopleiding gehad nie.

Trouens, hy het toevallig in die bedryf beland.

Die regisseur Bertrand Retief en Lieb Bester op die stel van die fliek ‘Seun van die wildtemmer’.
Lieb Bester as Rupert le Grange in ‘Seun van die wildtemmer’.
Lieb Bester en Harriet Pienaar in ‘Liefste Madelein’.
Marié du Toit en Lieb Bester in ‘Skadu’s van gister’.
Pieter Hauptfleisch en Lieb Bester in ‘Seun van die wildtemmer’.
Lieb Bester in ‘Liefste Madelein’.
Lieb Bester as prof. Fritz Retief in die destydse kykNET-sepie ‘Villa Rosa’.
Lieb Bester in ‘Villa Rosa’.
Michelle Botes
Michelle Botes en Lieb Bester in 'Ouens soos ons'.

Hy het sy teaterdebuut in Uys Krige se toneelstuk Die ryk weduwee gemaak.

Die ryk weduwee is deur ’n amateurgeselskap in Springs aangebied,” het sy broer, André, vroeër gesê. “Lieb was bevriend met die skrywer Chris Barnard, wat hom saamgenooi het. Iemand het toe nie opgedaag nie en Lieb is sommer gevra om die rol oor te neem. En die regisseur Bertrand Retief (regisseur van Seun van die wildtemmer) was in die gehoor.”

Bester het Retief voorheen sy “fliekpa” genoem: “Hy het my destyds dadelik geborge laat voel en my nooit soos ’n nuweling hanteer nie. Hy het in my geglo. Ons het vertroue in mekaar gehad en later groot vriende geword.”

Bester en Retief het aan vier rolprente en die televisie-reeks Opdrag saamgewerk.

Seun van die wildtemmer is gegrond op Willie van Rensburg se gelyknamige radioverhaal.

Bester het later verneem Retief het baie van sy draaiboeke met hom (Bester) in gedagte geskryf. “Hy het vir my gesê hy het die flieks Ses soldate en Mirage Eskader, asook die reeks Opdrag met my in gedagte geskryf. Dit is eintlik ’n groot eer dat hy soveel vertroue in my gehad het.”

Bester was lief vir musiek en het verskillende instrumente, soos die trekklavier en konsertina, bespeel.

Die akteur Harald Richter, wat sy seun in die destydse kykNET-sepie Villa Rosa vertolk het, het gesê Bester kon ook mooi sing. Richter en Bester het ook twee CD’s gemaak.

Meer oor:  Lieb Bester  |  Flieks  |  Akteur  |  Villa Rosa  |  Verhoog  |  Teater  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.