Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: M-Net-drama se ‘Lioness’ begin eersdaags

In die nuwe M-Net-drama Lioness verloor ’n vrou alles nadat sy in hegtenis geneem is vir bedrog wat haar man voor sy dood gepleeg het.

“Stel jou voor jy is agt jaar agter tralies vir iets wat jy nie gedoen het nie en amper niemand besoek jou nie,” sê Shannon Esra, wat die rol van Samantha vertolk.

“Sy het in daardie tyd nooit haar kinders gesien nie.”

Sagkens gestel kry Samantha die wind van voor.

Tog gaan lê sy nie en probeer om met haar kinders te herenig – net om onverwags gesaboteer te word. Sy maak boonop ’n ontstellende ontdekking.

Dié reeks van tien episodes begin op 28 Januarie en word deur Ochre Moving Pictures vervaardig.

Shannon Esra
Shannon Esra in 'Lioness'. Foto: M-Net

“Sam is nie op haar mond geval nie,” sê Esra.

“Anders as sy, sê ek nie alles wat ek dink nie. Sy skrik nie vir vrees nie, sy ken haar waarheid. Sy dra haar hart op haar mou – sterk en impulsief. Ongelukkig het die impulsiwiteit nie altyd goeie gevolge nie.”

Esra het verlede jaar in die M-Net-drama Still Breathing die rol van Candice vertolk, ’n vrou wat ’n verhouding met haar vriendin se man aanknoop.

Shannon Esra in ‘Lioness’. Foto: M-Net

“Ek het Candice nie as ’n booswig in die verhaal beskou nie, maar eerder as ’n gebroke persoon. Sy het ’n diep liefde vir iemand gehad, maar sy kon hom nie kry nie. Sy wou haar vriendin hierdie seer spaar, maar toe dit uiteindelik op die lappe kom, was daar ’n soort bevryding, want dit was ’n geheim wat haar opgevreet het.”

Esra beskou Candice as die definisie van depressie, terwyl sy Samantha as die definisie van uitdrukking beskou.

Esra het drama aan die Universiteit van die Witwatersrand gestudeer en op 16 in haar heel eerste fliek, I Dreamed of Africa (teenoor Kim Basinger), gespeel.

Sy is dankbaar vir die plaaslike werk wat M-Net skep.

Shannon Esra
Joshua Eady, Frank Rautenbach en Shannon Esra in 'Lioness'. Foto: M-Net

“Dit is so bemoedigend. Ons plaaslike talent moet opgebou en gevier word. Ons kry dit reg om stories op ’n eg Suid-Afrikaanse manier te vertel. Ons groei as storievertellers.”

Ander akteurs in Lioness sluit in Jacques Bessenger, Frank Rautenbach, Nokuthula Ledwaba, Fiona Ramsay en Natasha Sutherland.

“Jy sal op die punt van jou stoel sit,” sê Esra. “Elke episode eindig met ’n cliffhanger. Dit is ongelooflike skryfwerk. Ek is baie bang om te sien hoe dit gaan lyk – ’n mens wonder altyd watter van die klomp takes het hulle gebruik – maar ook opgewonde. Kykers sal beslis agterna baie hê om oor te gesels.”

Lioness begin op 28 Januarie om 20:30 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Shannon Esra en Fiona Ramsay
Shannon Esra en Fiona Ramsay in 'Lioness'. Foto: M-Net
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.