Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Cyril net so ingenome met Ndlovu-jeugkoor se 'Africa'

Pres. Cyril Ramaphosa was onder die duisende Suid-Afrikaners wat die Ndlovu-jeugkoor op Twitter met sy optrede in die eindronde van die America's Got Talent gelukgewens het.

Die jongste episode in die wêreldbekende talentsoekkompetisie is Dinsdagaand (plaaslike tyd) regstreeks in Amerika uitgesaai.

Die koor van Limpopo het Toto se "Africa" vir sy groot oomblik gekies en het sy eie stempel op dié treffer, wat in 1982 uitgereik is, afgedruk.

Die lede van die koor is jong mense van die Moutse-gebied naby Groblersdal, en hoewel die kykers hulle 'n paar keer amper-amper uitgestem het, het hulle na die eindronde deurgedring, juis omdat hulle die beoordelaars telkemale beïndruk het. 

Suid-Afrikaners en Nathi Mthethwa, minister van sport en kultuur, die Olimpiese en wêreldkampioen Caster Semenya en ook Nando's het die koor vóór hul optrede op sosiale media sterkte toegewens. 

Amerikaners stem nou vir hul gunsteling-deelnemer. Die stemming sluit Woensdag om 07:00 (plaaslike tyd).

Meer oor:  Ndlovu Youth Choir  |  Ndlovu-Jeugkoor  |  Amerika  |  Koor  |  Sing  |  Kompetisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.