Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Ndlovu-jeugkoor wen nie, ‘maar dis net die begin’

Die Ndlovu-jeugkoor van Limpopo het die America’s Got Talent-verhoog Woensdagaand vir ’n laaste keer aan die brand gesing voordat die top-vyf in dié talentsoekkompetisie aangekondig is.

Hoewel die koor nie deurgedring het nie, het hy die verhoog met bekendes gedeel en die liedjie “Higher Love” saam met Kygo, oftewel Kyrre Gørvell-Dahll, ’n Noorweegse platejoggie, uitgevoer.

Daarna het die Detroit-jeugkoor saam met Benjamin Hammond Haggerty, beter bekend as die Amerikaanse kletsrymer Macklemore, opgetree.

Die Ndlovu-jeugkoor is uitgeskakel omdat hy nie genoeg stemme van die Amerikaanse kykers gekry het nie, maar hy geniet groot steun en het sy aanhangers op Twitter bedank.

“Die eindronde in America’s Got Talent was die perfekte einde van ’n reis wat ons lewens vir ewig verander het en ’n boodskap van hoop, samesyn en liefde aan die wêreld kon uitdra. Dankie, Amerika, dat julle jul harte vir ons oopgemaak het. Suid-Afrika, jul ondersteuning het ons geïnspireer en ons met vreugde gevul,” het die koor getwiet.

Die Ndlovu-jeugkoor het Kygo ook bedank omdat hulle saam kon optree en gesê hy is ’n inspirasie.

Die koor het gesê sy deelname aan America’s Got Talent was net die begin en dat die koorlede opgewonde is oor wat voorlê.

“Ons sien uit daarna om liefde, samesyn en hoop met almal te deel.”

Kodi Lee, ’n blinde en outistiese sanger van Amerika, is aan die einde van die aand as die wenner in die 14de seisoen van die kompetisie aangekondig.

Lee en die Detroit-jeugkoor was die top-twee in die kompetisie.

Sterre soos Cher, Billy Ray Cyrus en Leona Lewis het ook opgetree, terwyl Julianne Hough, een van die beoordelaars, saam met ’n dansgroep haar nuwe liedjie bekend gestel het.

Meer oor:  America's Got Talent  |  Ndlovu-Jeugkoor  |  Agt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.