Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk op Kwêla na onderhoud oor boek 'Nuusmakers'

’n Insetsel oor Charles Smith se boek Nuusmakers: Stories oor mense, nuus en gebeure oor 30 jaar sal eersdaags op die program Kwêla op kykNet te sien wees.

Hannes van Wyk, aanbieder van Kwêla, het die week met Smith, nuushoof van Netwerk24 en Volksblad in die Vrystaat en Noord-Kaap, ’n onderhoud oor die boek gevoer. Smith was ’n gas op sy leerbank.

Charles Smith en Hannes van Wyk, aanbieder van Kwêla, ná die onderhoud wat vandeesweek oor sy boek Nuusmakers gevoer is. Die insetsel sal op Sondag 24 November op Kwêla uitgesaai word. Foto: Verskaf

Die insetsel word op Sondag 24 November om 18:00 uitgesaai.

Die boek behoort teen Maandag in Bloemfontein aan te kom en vir lesers beskikbaar te wees.

Die bekendstelling is op 21 November om 18:00 in die Nasionale Afrikaanse Letterkundemuseum en -Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein.

Nuusmakers sal by al Volksblad se vyf kantore in Bloemfontein, Welkom, Kimberley, Bethlehem en Kuruman verkoop word.

Daarby sal die boek ook by Pick n Pay in die Preller Walk-sentrum en Kloppers se winkel by die Waterfront in die stad verkoop word.

Dit kan ook aanlyn by Takealot by www.takealot.com bestel word.

Om die boek by Volksblad te bestel, kan Aiden Meyer by 051-404-7600 geskakel of by Aiden.Meyer@24.com gekontak word.

Mense wat die bekendstelling by Naln wil bywoon, kan ook by haar plek bespreek.

Meer oor:  Volksblad  |  Netwerk24  |  Charles Smith  |  Kwela  |  Boeke  |  Nuusmakers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.