Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Oudhoof van Hoërskool Driehoek en aktrise op VIA

Hein Knoetze, voormalige skoolhoof van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark waar ’n loopbrug op 1 Februarie ineengestort het, gesels Woensdag op die Via-program Minki, aangebied deur die voormalige model Minki Joubert (van der Westhuizen).

Vier leerlinge is dood en 30 beseer. Dit was ’n paar weke voor Knoetze se aftrede.

Ira Blanckenberg, Hein Knoetze en Minki van der Westhuizen in Woensdag se episode van die Via-program Minki. Foto: VIA
Hein Knoetze, voormalige hoof van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark. Foto: VIA
Die aktrise Ira Blanckenberg. Foto: VIA?

Die aktrise Ira Blanckenberg, wie se seun in 2013 dood is, kom gesels oor die verlies van ’n kind.

Kieran Schultz, haar en die akteur Waldemar Schultz se seun, was 14 jaar toe hy in 2013 by ’n rots by Hermanus afgestort het. Die grond het onder hom meegegee en hy het hom 18 m ver doodgeval. Blanckenberg se toneelstuk Haal asem het hieruit gespruit. Dit het in 2018 by die US Woordfees in Stellenbosch gedebuteer.

Schultz het in die Koos Roets se rolprent Faan se trein verskyn, maar hy is dood voordat die fliek uitgereik is.

* Minki word Woensdae om 20:00 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.