Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Só lyk Carel Nel in rol van Abraham Lincoln

Geskiedenisliefhebbers met ’n fyn oog kyk inderdaad reg: Dit ís die Suid-Afrikaanse akteur Carel Nel wat die rol van Abraham Lincoln in die minireeks Grant vertolk.

Carel Nel lyk byna onherkenbaar as Abraham Lincoln, Amerika se 16de president. Foto: History/A&E Television Networks

Hoewel die reeks, wat Sondag in Suid-Afrika begin, op Ulysses S. Grant, Amerika se 18de president, fokus, val die lig ook op Lincoln, Amerika se 16de president, in wie se skoene Nel gaan klim.

Nel het vroeër vanjaar aan Netwerk24 gesê hy het die rol ná ’n oudisie losgeslaan. Die reeks, wat deur die superster Leonardo DiCaprio vervaardig is, is onder meer in Somerset-Wes buite Kaapstad verfilm.

“Ek is mal oor geskiedenis en is ’n groot aanhanger van wat Lincoln kon regkry,” het Nel in April aan Netwerk24 gesê.

“Dit (die rol) was nie vir my so intimiderend nie, want daar is geen videodokumentasie van hom (Lincoln) nie, so op ’n manier maak dit dit makliker, want niemand weet regtig hoe hy was nie.

“Ek het alles oor hom gelees en gekyk wat ek kon. Dit het ook gehelp dat ek in die verlede al ’n historiese persoon gespeel het, so dit het my tot ’n mate voorberei op wat ek moes doen.”

Nel, wat kykers uit reekse soos Ekstra medium, Die spreeus, Fynskrif en Dwaalster sal onthou, moes as deel van sy transformasie ook Lincoln se Amerikaanse aksent aanleer.

“Wat die rol ’n uitdaging gemaak het, is dat hy nie ’n tipiese, algemene Amerikaanse aksent gehad het nie – hy was van Illinois, so dit is ’n spesifieke aksent.

“Ek en my ongelooflike stemafrigter, Susan Danford, het geluister na die tipe aksent wat Daniel Day-Lewis in die rolprent Lincoln gedoen het en dit so na as moontlik probeer namaak, want wie sou beter weet hoe hy moes klink as die akteur wat ’n Oscar vir sy interpretasie van Lincoln gewen het?”

  • Kykers wat self na Nel se weergawe van Lincoln in Grant wil kyk, kan op die History Channel (DStv-kanaal 186) inskakel. Die reeks bestaan uit drie episodes en sal een na die ander op 1, 8 en 15 November om 20:15 uitgesaai word.
Meer oor:  Lincoln  |  Daniel Day-Lewis  |  Susan Danford  |  Oscar  |  History Channel  |  Dstv  |  History  |  Dwaalster  |  Kyknet  |  Ekstra Medium  |  Fynskrif  |  Die Spreeus  |  Leonardo Dicaprio  |  Grant  |  Carel Nel  |  Ulysses S. Grant  |  Abraham Lincoln  |  Tv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.