Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: ‘Still Breathing’ nou op Showmax

Die M-Net-dramareeks Still Breathing, wat vroeër vanjaar uitgesaai is, is sedert Donderdag op Showmax beskikbaar.

Dié verhaal oor verraad, verlies en vriendskap kom uit die pen van Tiffany Barbuzano, wat ook een van die rolle vertolk.

Barbuzano het dié reeks van 13 episodes deur BBZ Films saam met haar man, Johnny Barbuzano, geskep. Hy is die regisseur en hy maak ook ’n kameeverskyning in die reeks.

(Tiffany) Barbuzano het vroeër op ’n voorskou in Sun City gesê die titel dui vir haar op hoop: As jy asemhaal is daar nog hoop. Die reeks volg ’n groep vriende wat deur ’n tragedie herenig word. Die vriendekring draai om twee susters, Jess en Abi. Abi se man beland in ’n motorongeluk in die eerste episode.

Shannon Esra, Kate Liquorish en Tiffany Barbuzano in ‘Still Breathing’.

Tiffany en Kate Liquorish vertolk onderskeidelik die rolle van Jess en Abi. Die anders spelers sluit Brandon Auret, Shannon Esra, Siv Ngesi en Brendan Pollecutt in.

Liquorish het vroeër gesê die geheime en vervreemding tussen die karakters in die reeks is van toepassing op die Suid-Afrika wat mense vandag ken en ervaar. Daarom glo sy kykers sal hulself in die karakters herken.

’n Paar akteurs soos Sean Taylor en Ty Keogh wat deesdae oorsee woon, het teruggekeer om in die reeks te speel.

Meer oor:  M-Net  |  Showmax  |  Still Breathing  |  Televisie  |  Dramareeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.