Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: ‘The Bachelor’ en sy meisie se peperduur woonstel
Marisia van Wyk en Marc Buckner. Foto: M-Net

Suid-Afrika se tweede “Bachelor” Marc Buckner (36) koop, verkoop en verhuur eiendomme vir ’n lewe en dit is te wagte dat die woonstel waarin hy woon, nie te versmaai is nie.

Buckner en sy meisie van die program, Marisia van Wyk (24), woon tans in ’n peperduur woonstel in Seepunt, Kaapstad, en kykers het onlangs in ’n video van M-Net ’n bietjie daarvan te siene gekry.

Dit wil voorkom asof Buckner ’n byna identiese tweeslaapkamerwoonstel as die een waarin die paartjie tans bly, teen ’n koel R21 000 per nag verhuur.

Foto’s van die woonstel, met dieselfde uitleg as die een waar hulle nou woon, is op die webwerf Booking.com gelaai waar mense verblyf kan bespreek.

Die leefkamer en kombuis op die onderste verdieping van die woonstel in Seepunt wat deur Marc Buckner geadverteer word.

“Ek het twee woonstelle wat ek op kort termyn verhuur en twee wat op lang termyn verhuur word,” sê Buckner in die advertensie.

“Ná my reise rondom die wêreld het ek gekies om myself in hierdie pragtige stad te vestig. My huis is die produk van baie navorsing oor ligging, gemak en skoonheid. Kaapstad is my tuiste en ek hoop om hierdie pragtige plek met jou te deel.”

Die vernaamste verskil tussen die woonstel wat geadverteer word en die een waarin Buckner en Van Wyk woon, is die meubels. Die dubbelverdiepingwoonstel wat hy adverteer is op die boonste verdieping van die woonstelblok in Seepunt en is 106 m² groot.

Huurders kan Seinheuwel, Leeukop en Tafelberg vanaf die groot balkon sien en dit is minder as vyf minute se stap na die strand of die berg. Dit is ook skaars drie minute se ry na die V&A-waterfront en markte en op die onderste verdieping van die woonstelblok is ’n supermark, koffiewinkel en restaurante.

“Daar is gratis, veilige parkeerplek vir twee, plek om te braai, ’n swembad en 24-uur-veiligheidsdienste,” sê hy.

“Daar is baie speelplek vir kinders en parke binne stapafstand en dit is baie stil, veilig en sentraal.”

Op die onderste verdieping van die woonstel is die leefkamer en kombuis en agter die kombuis is ’n slaapkamer en badkamer.

Op die boonste verdieping is ’n slaapkamer met ’n balkon met ’n uitsig oor die leefkamer daaronder. Die woonstel word verhuur met gratis Wi-Fi. Daar is lugversorging en ’n grootskerm-TV.

Behalwe vir hierdie woonstel adverteer Buckner nog ’n tweeslaapkamerwoonstel wat hy teen sowat R4,4 miljoen wil verkoop. Dit is ook in Seepunt en het twee badkamers, ’n motorhuis en is 102 m² groot.

Hy het ook foto’s van dié woonstel op sy Instagram-profiel geplaas en gesê dit is te koop.

Die sitkamergedeelte. Regs is deure wat na die balkon lei en links is trappe wat na die boonste verdieping gaan.
Die kombuis en eetgedeelte. Die tweede slaapkamer is agter die kombuis.
Die slaapkamer op die onderste verdieping.
Die badkamer.
Die slaapkamer op die tweede verdieping. Daar is ’n balkon met ’n uitsig oor die woonkamer.
Die woonstel se stoep.
Die uitsig vanaf die swembad van die kompleks.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.