Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk: ‘Vampire Diaries van meerminne’
Siren

In die nuwe televisiereeks Siren op Showmax maak kykers kennis met andersoortige meerminne – nie die Ariel-tipe nie, maar meerminne as roofdiere wat duikers uitlok met hul skril liedere.

Dié fantasiedrama, tans die nommereen- nuwe drama vir jong gehore in Amerika, handel oor ’n meermin, Ryn (Eline Powell), wat op soek is na haar suster in ’n klein kusdorpie, waar sy vriende maak en verwoesting saai – ver verwyder van die onskuld van The Little Mermaid (1989).

Ben (Alex Roe) en Maddie (Fola Evans-Akingbola) is mariene bioloë wat hulle in die vissersdorpie Bristol Cove bevind. Hulle moet uitvind hoe en waarom Ryn uit die see gekom het en of daar nog meerminne is wat rondwandel. Immers het Bristol Cove, volgens legende, eens as die “dorp van meerminne” bekend gestaan.

Eline Powell as Ryn.

Siren, geïnspireer deur rolprente soos Jaws en Pirates of the Caribbean: On Stranger Tides, steun op oeroue fabels waarin meerminne as gevaarlike roofdiere uitgebeeld is.

Op die webtuiste Rotten Tomatoes kry die reeks ’n 84%-telling van gehore en ’n 94%-telling van resensente. Opsommenderwys skryf Rotten Tomatoes: Siren draai die tradisionele volksoorlewering op sy stert met ’n unieke storie wat teen ’n vinnige pas dié gevaarlike, gewelddadige mitiese wesens op ’n verrassend simpatieke en spanningsvolle wyse belig.”

Sibongile Mlambo as Donna.

Forbes het die reeks die “Vampire Diaries van meerminne” gedoop.

Freeform het reeds bevestig dat ’n tweede reeks vervaardig gaan word.

Sibongile Mlambo, ’n Zimbabwies gebore aktrise, speel die rol van die meermin Donna en word deur die webwerf Shadow and Act beskryf as iemand wat die aandag steel sodra sy verskyn.

Dié aktrise, wat in die reeks Black Sails gespeel het wat gedeeltelik in Kaapstad verfilm is, is sedert 2015 in Los Angeles gevestig. Sy was ook te sien in Teen Wolf.

Freeform word geloof vir hoe verwikkeld vroulike hoofkarakters in hul reekse uitgebeeld word en vir die diversiteit van die produksiespan – van die helfte van die regisseurs wat vroue is tot die verteenwoordiging van die LGBTQA-gemeenskap. Elke oorspronklike reeks van Freeform het ook ’n vroulike vervaardiger.

Die eerste tien episodes van Siren is tans op Showmax beskikbaar.

Meer oor:  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.