Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Voorsmakie van ‘Friends’-reünie

Mense wat al lank uitsien na die reünie-program van die gewilde reeks Friends sal dit eindelik op 27 Mei kan sien.

Saam met die oorspronklike sterre van die program is ’n hele paar bekende gesigte betrek vir dié program, wat op die stromingsdiens HBO Max uitgesaai gaan word.

HBO het Donderdag in ’n verklaring gesê mense soos Justin Bieber en Lady Gaga sal onder andere te sien wees.

Friends: The Reunion moes aanvanklik reeds ’n jaar gelede verfilm word, maar dit moes telkens uitgestel word weens die Covid-19-pandemie.

Die program is toe vroeër vanjaar opgeneem in dieselfde ateljee as waar die reeks tussen 1994 en 2004 geskiet is.

Die reeks – met spelers soos Jennifer Aniston, Lisa Kudrow, Courteney Cox, Matt LeBlanc, Matthew Perry en David Schwimmer – was destyds baie gewild en 18 jaar later kyk mense steeds daarna op stromingsplatforms.

Die nuus oor die datum waarop die reünie-episode uitgesaai gaan word, het dadelik wyd versprei op sosiale media.

Volgens HBO gaan 15 van die oorspronklike genooide kunstenaars wat tydens die eerste 10 seisoene op die program te siene was, weer hul verskyning maak.

Kykers kan uitsien daarna om onder andere vir Janice (Maggie Wheeler), die karakter Chandler se voormalige liefde, te sien.

Nuwe gesigte sluit in Kit Harington (Jon Snow in Game of Thrones) en die sokkerheld David Beckham. – Reuters


Meer oor:  Televisie  |  Friends  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.