Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk wanneer begin ‘The Crown’ se 4de reeks

Die langverwagte vierde reeks van die Emmy-bekroonde drama The Crown is van 15 November op Netflix beskikbaar.

Die nuwe reeks speel af in ’n tydperk toe twee vroue, Diana, ontslape prinses van Wallis, en Margaret Thatcher, voormalige premier van Brittanje, die grootste invloed op die monargie gehad het.

Olivia Colman maak in dié reeks haar laaste verskyning as koningin Elizabeth II in dié drama oor die Britse koninklike familie.

Gillian Anderson vertolk die rol van Thatcher en Emma Corrin is Diana.

In die vierde reeks kom prins Charles, die koningin se oudste kind, se liefdeslewe onder die soeklig, veral omdat die familie besorgd is oor die troonopvolger. Dit lei uiteindelik tot ’n warrelwind romanse met lady Diana Spencer, wat die wêreld gaande het.

Olivia Colman as koningin Elizabeth II en Tobias Menzies as prins Philip in ‘The Crown’.

Terselfdertyd wen Thatcher die verkiesing en sodoende word ’n tydperk in gelei waarin twee vroue vir die eerste keer in die geskiedenis die nasie lei, met ’n gespanne verhouding tussen die Statebond en die monargie.

Ondanks stakings van televisieproduksie weens die Covid-19-pandemie kon die verfilming van die vierde reeks vroeg voltooi word.

Helena Bonham Carter maak ook haar laaste verskyning as prinses Margaret, die koningin se jonger suster.

Emma Corrin as Diana en Gillian Anderson as Margaret Thatcher in ‘The Crown’.

So ook Tobias Menzies as prins Philip en Erin Doherty as prinses Anne en Emerald Fennell as Camilla Shand (later Parker-Bowles).

Die Australiese aktrise Elizabeth Debicki gaan die rol van Diana in die vyfde en sesde reeks – die finale twee reekse – vertolk.

Die vyfde reeks, met Debicki in die gesogte rol, sal begin in die vroeë 1990’s toe sy ’n ikoon in haar eie reg geword het. The Crown, geskep deur Peter Morgan, is in 2016 die eerste keer uitgesaai en het onlangs 13 Emmy-benoemings ontvang. Die gewilde reeks begin in die laat 1940’s en vroeë 1950’s met die huwelik en vroeë loopbane van die koningin en prins Philip. In die derde reeks, wat verlede jaar uitgereik is, skuif die reeks na die 1960’s en 1970’s.

Meer oor:  Gillian Anderson  |  Koningin Elizabeth Ii  |  Olivia Colman  |  Prins Philip  |  Prins Charles  |  Netflix  |  Reeks  |  Televisie  |  The Crown
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.