Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk wat lê voor in ‘The Crown’ se derde reeks

Dinge gaan dol vir koningin Elizabeth II in die derde reeks van die Netflix-drama The Crown.

Die lokprent van die reeks wat op 17 November begin, is Maandag uitgereik.

Die reeks speel af 25 jaar nadat die koningin die Britse troon oorgeneem het.

Tydens haar silwerjubileum word die koningin, in die nuwe reeks vertolk deur Olivia Colman, deur ’n mynstaking, ’n vurige minister van die Arbeidersparty en ’n rits binnegevegte in die gesig gestaar.

Die lokprent bevat ’n opname van Bob Dylan se treffer “The Times They Are a Changin’ ”.

En die Britse Koningsgesin moet aanpas by ’n Brittanje wat spoedig verander. Daar heers ook paranoia oor die Koue Oorlog.

Die lokprent verklap ook die konflik tussen die koningin en haar jonger suster, prinses Margaret (vertolk deur Helena Bonham Carter).

Olivia Colman as koningin Elizabeth II in die Netflix-drama The Crown.

Margaret blyk bitter te wees oor soveel jare van tweede viool speel.

Die derde seisoen fokus ook op die omstrede verhouding van prins Charles (Josh O’Connor) en die jong Camilla Parker Bowles (Emerald Fennell).

’n Vierde reeks is onderweg waarin dieselfde akteurs as in die derde reeks sal verskyn.

Ander spelers in die derde reeks sluit in Tobias Menzies as die hertog van Edinburgh, Erin Doherty as prinses Anne, Ben Daniels as lord Snowdon, Jason Watkins as die voormalige premier Harold Wilson en die Game of Thrones-akteur Charles Dance as lord Mountbatten.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.