Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Weg! Agterpaaie is terug

Alle (agter)paaie lei na die Bosveld in die vyfde reeks van die VIA-reisprogram Weg! Agterpaaie wat Vrydag begin het.

Sophia van Taak en Toast Coetzer, aanbieders van die VIA-reisprogram ‘Weg! Agterpaaie’.Foto: Kobus Zietsman

“Ons kies ’n streek waarin ons weet ons baie Afrikaanssprekende mense sal raakloop,” sê Sophia van Taak wat die program saam met Toast Coetzer aanbied.

“Dit moet ’n gebied wees wat ons dink met Afrikaanse kykers sal resoneer.”

In die reeks verken hulle onder meer die Pilanesberg en hulle onderneem ’n rit in ’n warmlugballon.

Van Taak en Coetzer is albei op die redaksie van die tydskrif Weg! in Kaapstad.

Die Vrystaat en die Weskus is van die vorige streke wat in die program verken is.

“Toast kon hierdie keer vooraf ’n wye draai deur die Bosveld ry. Dit is natuurlik belangrik vir die program dat ons ’n bietjie kon beplan. Ons het afsprake met mense vasgemaak.”

Die vyfde reeks van die VIA-reisprogram ‘Weg! Agterpaaie’ het Vrydag begin. Foto: Kobus Zietsman

Die grootste deel van die reeks geskied egter organies.

“Ons gesels met mense op die program net soos ons sou as daar nie kameras was nie. Ons soek ook ’n gebied waar ons lekker shots sal kry en waar mense in staat sal wees om in Afrikaans te kommunikeer.”

Hulle beplan genoeg afsprake sodat daar genoeg materiaal vir die reeks beskikbaar sal wees.

“Ons daag sonder ’n teks by ’n plek op. Die gesprekke is meestal outentiek en vloei organies. Ons is maar net onsself. Dit gee die program ’n bietjie geaardheid.”

* Weg! Agterpaaie word Vrydae om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

Meer oor:  Via  |  Toast Coetzer  |  Sophia Van Taak  |  Weg! Agterpaaie  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.