Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk wie is Diana in ‘The Crown’!

Die Australiese aktrise Elizabeth Debicki gaan die rol van Diana, ontslape prinses van Wallis, vertolk in die finale twee seisoene van die Netflix-drama The Crown.

Dié 29-jarige aktrise, bekend vir haar rolle in The Great Gatsby en Guardians of the Galaxy, het Sondag op Twitter gesê dit is vir haar 'n voorreg en eer om ingesluit te word by so 'n meesterlike reeks.

Debicki neem die rol oor by Emma Corrin.

Corrin het die jonger Diana gespeel in die vierde seisoen van die reeks toe Diana getroud is met prins Charles in 1981, berig Mailonline.

Elizabeth Debicki gaan in die laaste twee seisoene van ‘The Crown’ die rol van Diana, ontslape Prinses van Wallis, vertolk. Foto: Getty Images

Die vyfde reeks, met Debicki in die gesogte rol, sal begin in die vroeë negentiger jare toe sy 'n ikon in haar eie reg geword het.

The Crown, geskep deur Peter Morgan, is in 2016 die eerste keer uitgesaai en het onlangs 13 Emmy-benoemings ontvang.

Die gewilde reeks skop af in die laat 1940’s en vroeë vyftigerjare met die huwelik en vroeë loopbane van koningin Elizabeth en prins Philip. In seisoen drie, wat verlede jaar uitgereik is, skuif die reeks na die 1960’s en 1970’s.

Diana, wat in 1961 gebore is, is die eerste keer in seisoen vier van The Crown te sien.



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.