Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk wie is die nuwe aanbieder van 'Noot vir Noot'

Emo Adams is die nuwe aanbieder van die gewilde musiekspeletjieprogram Noot vir Noot. 

Johan Stemmet, die jare lange aanbieder en skepper van Noot vir Noot, het Donderdagoggend dié aankondiging gemaak. 

Adams is 'n gewilde sanger en TV-aanbieder wat sy buiging in die musiekblyspele van die legendariese Taliep Petersen gemaak het. Adams was onder meer in die musiekblyspel Distrik 6 en Kat & The Kings te sien.

Volgens Stemmet is die persoon wat sy skoene moet vul iemand wat kan sing, goed beweeg, 'n goeie aanbieder is, 'n sin vir humor het en iemand wat ondervinding op die verhoog het.

Adams het al telkemale as gaskunstenaar op Noot vir Noot opgetree.

Hy is tans op die kykNET talentsoekprogram Maak my famous te sien. 

Johan Stemmet

Meer oor:  Johan Stemmet  |  Emo Adams  |  Noot Vir Noot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.