Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk wie is nou koningin Elizabeth in ‘The Crown’

Die rol van koningin Elizabeth II in die reeks The Crown sal voortaan deur Olivia Colman vertolk word.

The Crown het Maandag die eerste foto van Colman op die stel van die dramareeks wat op Netflix uitgesaai word, op Twitter geplaas.

In die foto dra die aktrise ikoniese pêrels en ’n ligpienk baadjie terwyl sy tee drink op die stel.

Colman neem die rol van Claire Foy oor. Foy het die rol van die koningin vertolk in die tyd (van 1947 tot 1963) met haar verlowing aan prins Philip en die jare daarna, aldus die BBC.

Time  berig Colman het al ’n Bafta gewen en is bekend vir haar rolle in Broadchurch en The Night Manager.

Sy gaan glo die koningin in die derde en vierde seisoene van The Crown vertolk. Dié twee seisoene wys die koningin se lewe van haar 40’s tot 60’s. Netwerk24  het voorheen berig die derde seisoen speel van 1964 tot 1976 af.

Die twiet het gemengde reaksie by aanhangers ontlok.

Miami Delgado het getwiet hy kan nie glo hulle het Foy vervang nie.

Lisa het getwiet dit is verstaanbaar omdat die koningin ouer moet word in die reeks. Sy haal dan aan uit die reeks om te sê die kroon is belangriker as die persoon wat dit dra.

Netwerk24  het voorheen berig oor die akteurs wat in die derde seisoen van The Crown te sien sal wees. Op die stel van die derde seisoen sal Tobias Menzies die rol van prins Philip, Helena Bonham Carter die rol van prinses Margaret en Ben Daniels die rol van Antony Armstrong-Jones vertolk.

Colman het vroeër aan die BBC  gesê sy is opgewonde om die rol te vertolk.

Meer oor:  The Crown  |  Koningin Elizabeth Ii
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.