Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kyk wie speel koningin in ‘The Crown’ se 5de, 6de reeks

Die Britse aktrise Imelda Staunton gaan die rol van koningin Elizabeth II vertolk in die vyfde en sesde reeks van die Netflix-drama The Crown.

Imelda Staunton

Staunton (63), bekend om rolprente soos die Harry Potter-fliekreeks, Finding Your Feet en Nanny McPhee, sal oorneem by Olivia Colman wat dié monarg in die derde en vierde reekse vertolk.

Die derde reeks is sedert laas Sondag op Netflix beskikbaar.

Claire Foy het die jong koningin, aanvanklik ’n prinses, in die eerste en tweede reekse vertolk.

Staunton het in 2004 ’n Oscar-benoeming as beste aktrise ontvang vir haar rol in die drama Vera Drake. Sy het as Dolores Umbridge in die Harry Potter-flieks verskyn.

Haar vertolking in The Crown sal waarskynlik te make hê met prins Charles en Diana se paaie wat skei, sowel as die dood van prinses Margaret en die koninginmoeder minder as twee maande na mekaar.

The Crown, geskep deur Peter Morgan, is in 2016 die eerste keer uitgesaai.

Matt Smith het die rol van prins Philip, die hertog van Edinburgh, en Vanessa Kirby die rol van prinses Margaret vertolk.

In die derde en vierde seisoen word dié koninklikes deur Tobias Menzie en Helena Bonham Carter vertolk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.