Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: ‘Wow!’ sê Simon Cowell oor SA koor

Nadat hulle in Junie op almal se lippe was ná hul oudisie op die Amerikaanse talentsoekkompetisie America’s Got Talent (AGT), het die Ndlovu-jeugkoor die AGT-verhoog weer bestyg – en ’n plek in die kompetisie se kwarteindronde losgesing.

Die Ndlovu-jeugkoor is verheug nadat hulle tot die kwarteindronde van America’s Got Talent deurgedring het. Foto: Twitter

Die koor van Limpopo het teen 17 ander kunstenaars en groepe in die top-36 meegeding om die sewe plekke in die kwarteindronde te bepaal. Hulle het dit met vlieënde vaandels vermag met ’n vertolking van die Colombiaanse sanger Shakira se liedjie “Waka Waka (It's Time for Africa)”, wat die amptelike liedjie van die Wêreldbekersokkertoernooi in Suid-Afrika in 2010 was.

“Ons sien nie kore soos julle nie,” het die AGT-beoordelaar en danser Julianne Hough kort ná hul optrede gesê. “Julle dans, julle sing, julle vul mekaar aan. Wat julle verteenwoordig, is eenheid en gemeenskaplikheid. Pragtig!”

Die countrysanger Brad Paisley, ook ’n beoordelaar, was self oorbluf.

“Ek het nog altyd gedink kuns en musiek is die grootste ambassadeurs vir enige plek, enige land. Julle is ongelooflik. Dit is mooi, dit is moeiteloos. Fantasties!”

Die aktrise Gabrielle Union het gesê: “Jul stemme, almal saam, jul energie, alles wat julle verteenwoordig, is pure magic! Goeie werk.”

Maar dit was Simon Cowell wat die grootste kompliment vir die koor gehad het. “Wow, wow, wow! Ek is gek daaroor om julle te sien optree. Ek weet nie wat dit is nie. As ek dit in ’n bottel kon sit, sou ek dit elke dag drink. Ek dink dit werk. Ek dink mense wil hê julle moet goed doen… Ek dink nie julle kon meer gedoen het nie. Welgedaan!”

Die koor sal na verwagting eers weer in Augustus op die program te sien wees.

Hul oudisie is die afgelope drie weke reeds meer as 5,7 miljoen keer op YouTube gekyk.

Meer oor:  Simon Cowell  |  Koor  |  Musiek  |  Televisie  |  America's Got Talent  |  Ndlovu-Jeugkoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.