Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kykers hou van sy nuwe sepiekarakter, sê Rautenbach

Toe hy laas in ’n sepie verskyn het, was hy ’n booswig, maar die akteur Frank Rautenbach sê kykers van die kykNET-sepie Getroud met rugby hou tot dusver van sy karakter.

Dié karakter, Willem, het Maandag vir die eerste keer verskyn en Renate (Christel van den Bergh) se voete onder haar uitgeslaan.

Frank Rautenbach as Willem in ‘Getroud met rugby’. Foto: Getroud met rugby

“Dit is heeltemal die teenoorgestelde van JP in (die kykNET-sepie) Suidooster. Dis ’n ander aanslag, maar ek geniet albei – om die goeie of die slegte ou te vertolk.”

Behalwe dat hy Renate oor haar woorde laat struikel, is Willem ’n sakeman wat ’n huis in Griekeland besit.

“Dit gaan vir hom oor geld maak,” sê Rautenbach.

“Soos iemand wat rugby speel wat soveel as moontlik drieë wil druk, maak nie saak hoe nie. So is dit met Willem en geld. Omdat Renate goed geërf het, is geld nie vir haar so belangrik nie, maar sy is tog ongemaklik met hoe Willem sake doen.”

Frank Rautenbach Foto: Getroud met rugby

Rautenbach het voorheen in rolprente soos Faith Like Patotoes, Hansie: A True Story en The Bang Bang Club verskyn, waarin hy onderskeidelik die lekeprediker Angus Buchan, die voormalige krieketkaptein Hansie Cronjé en die fotograaf Ken Oosterbroek vertolk het.

Hy het ook vir jare in Los Angeles in Amerika gebly waar hy onder meer in vier episodes van die reeks Warrior verskyn het.

Hy het in 2000 veral bekend geword as Tiaan Terblanche in die beginjare van die SABC 2-sepie 7de Laan.

Frank Rautenbach en Christel van den Bergh in ‘Getroud met rugby’. Foto: Getroud met rugby

“James Franco het onlangs weer in die sepie General Hospital verskyn. En mense het hom gevra waarom hy weer in ’n sepie speel. Hy het gesê as ’n akteur hou daarvan om homself op verskillende vlakke uit te daag. Hy het begin in hierdie sepie. En dis vir my ook so. Ek het ook in ’n sepie begin.”

Vir Rautenbach gaan dit oor die gehoor se ervaring van ’n storie.

Rautenbach het al verhoogwerk gedoen, maar sal graag nog daarvan wil doen.

“Ek hou daarvan om verskillende goed te doen. Ek is avontuurlustig.”

Mense herken hom steeds as Tiaan.

“Ek het darem ’n paar JP’s in Woolworths gekry nadat ek in Suidooster verskyn het. Maar Tiaan was groot. Destyds met 7de Laan het ons nog handgeskrewe briewe van kykers ontvang. Nou, soveel jare later, is Willem in ’n video op Instagram bekend gestel en baie mense het kommentaar gelewer. Ja-nee, dit lyk of kykers van Willem hou.” 

Rautenbach het wel ook slegte ervarings in Amerika gehad.

Hy skryf daaroor is sy boek, The Vagabond: Is Your Life Worth Living?

Sy vrou, Leigh, het vier miskrame gehad en hy het gesukkel om werk te kry.

“Ek glo daardie ervarings het my toneelspel ten goede beïnvloed. Dis een ding om ’n akteur te wees, maar dis ’n ander ding om jou stem te vind. Ek glo die pad wat jy stap, laat jou jou stem vind.”

Getroud met rugby word weeksdae om 18:00 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Frank Rautenbach  |  Sepies  |  Televisie  |  Getroud Met Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.