Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Kykers mal oor ‘Trap! Dis my huis’

Kykers blyk gaande te wees oor die nuwe reeks Trap! Dis my huis op VIA en baie meen dis beter vermaak as om te gaan fliek.

“Ek is mal oor die program!” sê een kyker op Facebook. “Hier kom nog groot sports.”

Trap! Dis my huis is op die internasionale werklikheidsreeks Get the F*ck Out of My House gegrond.

In die Suid-Afrikaanse weergawe deel 50 vreemdelinge drie weke lank ’n tweeslaapkamerhuis, toegerus met kos, toiletware en beddegoed vir net twee mense.

’n Pryspot van tot R1 miljoen is op die spel, maar daar is ’n kinkel: Die deelnemers word daagliks uitgestem of kan self kies om die huis te verlaat.

Die reeks is voorheen in Nederland, Duitsland en Brasilië uitgesaai en VIA se program is die eerste weergawe in Afrika.

Die aktrise Amalia Uys en radio-en-TV-persoonlikheid Zoë Brown is die aanbieders.

Die reeks boei reeds talle kykers en baie het klaar besluit wie hul gunsteling-deelnemers is, en van wie hulle nié hou nie.

“Dankie tog Zanelle het geloop. Nou moet die Lally (drama queen) en Bianca (aspoestertjie) ook net uit,” sê een kyker op Facebook.

“Ek is mal oor Fred. Ek hoop die ander ‘vang’ die game plan en hou hom in. Hy bring die vermaaklikheidsfaktor, Pappie. En moenie vir Lally weggooi nie,” sê ’n ander.

Fred (39) van Kuilsrivier is die huiskaptein en in beheer van die huis se finansies, dissipline en die uitstem van deelnemers.

“Zanelle se besluit was moeilik, maar ek dink sy’t die regte besluit geneem. Sterkte!” Dieselfde leser meen Blue (35) van Pofadder is die hoofleier van die deelnemers wat in die een kamer van die huis bly en slaap. “Hy’t ’n hart van goud.

“Kon die program nie maar 24/7 op TV wees nie. ’n Hele week se wag is te lank.”

Van die deelnemers soos Hendré Nieuwoudt (21) van Daniëlskuil het al bekendheid op die internet verwerf.

Hy is die skepper van Bevok, ’n Facebook-blad waarop hy grappies en musiek met sy meer as 50 000 volgelinge deel.

“Interessante program, maar van die mense se taalgebruik is ’n bietjie ‘af’,” meen een kyker.

“Ek sal nooit in so ’n huis oorleef nie. Al daardie geraas en mense sal my mal maak,” sê ’n ander.

In Woensdag se episode het Zanelle (28) van Pretoria self die huis verlaat en Stef (56) van Milnerton is huis toe gestuur nadat sy self voorgestel het dat sy uitgestem word.

Die program word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Heruitsendings is op Vrydae om 18:00 en weer Saterdae om 22:00.

Meer oor:  Zoë Brown  |  Amalia Uys  |  Tv-Program  |  Trap! Dis My Huis  |  Realiteitsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.