Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KykNET saai ‘Raaiselkind’ en ‘Krotoa’ uit

Twee bekroonde en veelbesproke Afrikaanse flieks, Raaiselkind en Krotoa, word in September die eerste keer op kykNET uitgesaai.

Diaan Lawrenson in Raaiselkind.

Raaiselkind is gegrond op Annelie Botes se gelyknamige roman en is geregisseer deur Sally Campher. ’n Negejarige outistiese seun, Alexander (Ian Roelofs), word dood aangetref en sy ma, Ingrid (Diaan Lawrenson) word van moord verdink.

Die rolprent, wat ’n familie se stryd met ’n outistiese kind uitbeeld, is verlede jaar op die Silwerskermfees in Kampsbaai bekend gestel. June van Merch is bekroon as beste vroulike byspeler en Roelofs is spesiaal vermeld vir sy vertolking van ’n kind met outisme. Anrich Herbst vertolk Ingrid se man. Dit word op 8 September uitgesaai.

Die rolprent Krotoa, wat handel oor die 11-jarige Khoi-prinses wat vir Jan van Riebeeck gaan werk, word op 22 September uitgesaai.

Crystal-Donna Roberts in Krotoa.

Dié rolprent, waarvoor Crystal-Donna Roberts vir haar hoofrol vroeër vanjaar ’n Safta-prys as beste aktrise ontvang het, vertel die storie van Krotoa wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die Kaapse goewerneur en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk.

Krotoa leer die Nederlandse taal en kultuur goed verstaan en word ’n invloedryke tolk tussen Jan van Riebeeck (Armand Aucamp) en haar eie mense. Krotoa is vervaardig deur die Safta-bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy Penguin Films in samewerking met kykNET, die nasionale rolprent- en videostigting en die departement van handel en nywerheid. Ander spelers sluit Deon Lotz en Brendon Daniels.

* Raaiselkind word op 8 September om 20:00 en Krotoa word op 22 September om 20:00 uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Crystal-Donna Roberts  |  Diaan Lawrenson  |  Krotoa  |  Flieks  |  Televisie  |  Raaiselkind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.