Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
kykNET trek nuwe baadjie aan

Die DStv-kanaal kykNET trek Donderdag om 06:00 ’n nuwe baadjie aan.

Die kanaal is reeds 21 jaar oud. Sy logo – ’n blou K en ’n geel driehoek – word dan in glans vertoon, en die geel driehoek in goud.

“Ons het weer na ons handelsmerk gaan kyk en besluit dit is tyd om te vernuwe,” sê Leo Smit, bemarkingsbestuurder van kykNET.

Toe die kanaal op 15 November 1999 begin het, was die logo ’n blou stoel en ’n geel ster.

“Ons het in 2017 die blou stoel laat vaar en die groot blou K ingebring. Met die posisionering van kykNET as ’n premium handelsmerk in Afrikaans, was dit belangrik om die grafika aan te pas om die gehalte van ons inhoud te weerspieël. Ons moet die beeld daarby aanpas.”

Die kanaal het ’n nuwe temalied en ’n advertensieveldtog is van stapel gestuur.

Die slagspreuk lui “Soveel meer as net TV”.

kykNET trek Donderdag om 06:00 ’n nuwe baadjie aan.

“Want die kanaal is by soveel meer as net televisie betrokke. Daar is byvoorbeeld die skep van flieks deur middel van die Silwerskermfees en die kanaal is betrokke by kunstefeeste.

“Ons is werklik trots op die impak wat die kanaal die afgelope 21 jaar op die Afrikaanse vermaaklikheidsekosisteem gehad het.”

’n Fotosessie om die kanaal te adverteer is deur die sanger Willem Botha behartig.

Jenna-Leigh Bilong, Johrné van Huyssteen en Hans Strydom. Foto: Willem Botha

Altesaam 180 akteurs, aanbieders en ander bekende persoonlikhede het hieraan deelgeneem, want die nuwe baadjie fokus veral op die mense wat met kykNET geassosieer word.

Elkeen van hulle dra twee uitrustings: een wat by die handelsmerk pas en die ander een wat aansluit by die program waarin hulle verskyn.

Die reklame-agentskap Clearwater het die veldtog behartig en Loki Rothman en James Bassingthwaighte het die temalied, “Soveel meer”, geskryf.

“Hierdie projek was ’n jaar lank in ontwikkeling,” sê Smit.

Karen Meiring, M-Net-direkteur: kykNET-kanale, sê in ’n verklaring: “Die kykNET-handelsmerk het oor die afgelope 21 jaar bewys dat ons nie terugstaan vir vernuwing nie. Hierdie nuwe voorkoms is verfrissend en in pas met ons wêreldklas- Afrikaanse vermaak.”

kykNET is op DStv-kanaal 144.

Marciel Hopkins en Altus Theart. Foto: Willem Botha
Meer oor:  Kyknet  |  Leo Smit  |  Karen Meiring  |  Televisie  |  Dstv-Kanaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.