Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Leah groet ‘Boer soek ’n vrou’ met vol hart
Leah

“Ek gaan Boer soek ’n vrou regtig baie mis, want dit was lewensverrykend,” sê die sangeres Leah wat Donderdagaand aangekondig het sy tree uit as aanbieder van dié werklikheidsreeks op kykNET.

Leah, wat die reeks vir twee seisoene aangebied het, sien nou uit na ’n “nuwe seisoen gevul met baie musiek en konserte en hopelik sien ek julle almal êrens by een van my konserte vanjaar”.

Sy glo alles gebeur vir ’n rede en dat die reeks op die regte tyd in haar lewe gekom het.

Sy is baie dankbaar vir die geleentheid.

“Ek het werklik ongelooflike mense leer ken – van die boere tot die span mense met wie ons elke dag gewerk het en mense agter die skerms. Ek het ’n paar lewenslange vriende bygekry! Ek het gegroei as mens en aanbieder en my vermoëns uitgebrei.”

Leah het ook baie oor haarself geleer en meen sy is sterker as wat sy soms dink.

Sy het ook raad vir die volgende aanbieder.

“Na my mening is die belangrikste ding regtig om net jouself te bly en jou hart en kop oop te maak vir die boere en pasmaats. Hulle sit hul harte op die spel en die aanbieder moet sensitief wees daarvoor en terselfdertyd ondersteunend wees.

“Probeer die boere regtig leer ken van dag een af. Hulle is bitter spesiaal en hoe gemakliker hulle by jou is, hoeveel beter gaan alles verloop vir julle.”

Leah se jongste album, Kyk na my, is in September 2018 uitgereik.

Sy en die sanger Willem Botha se konserttoer begin eersdaags en hulle toer ook in April na Namibië.

“Ek kan dalk weer teaterwerk ook doen. Dit is ’n baie groot passie en ek gaan begin skryf aan ’n paar projekte. Dan is daar mos altyd ’n verrassing of twee met my.”

Sy glo dit is die moeite werd om vir Boer soek ’n vrou in te skryf, selfs al vind elke deelnemer nie liefde nie.

“Ek het oor die twee seisoene gesien hoe mense se lewens daadwerklik verander het al het hul nie noodwendig ’n lewensmaat gevind nie. Jy word in die diep kant ingegooi, maar jy kan geen waarde plaas op die ervaring wat jy opdoen en die lesse wat jy leer nie. Jy sal nuwe vriende maak en die soort mense leer ken wat jy nooit sou nie. Jy sal plekke sien wat jy nie voorheen by sou uitkom nie en jy stap weg met ’n storie. Vat ’n kans, dis die moeite werd!”

Die nuwe aanbieder word in Februarie aangekondig.

Intussen het die komediant Schalk Bezuidenhout homself beskikbaar gestel om die volgende aanbieder te wees. Hy het in ’n video op sosiale media gesê hy “smeek” die kanaal om hom die nuwe aanbieder te maak.

Meer oor:  Tv  |  Leah  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Schalk Bezuidenhout
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.