Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Leandie du Randt nou op ‘Kom ons jol’

Leandie du Randt is van Saterdag af die mede-aanbieder van die interaktiewe musiekreeks Kom ons jol op kykNET.

Du Randt, bekend om haar rolle in flieks soos Thys & Trix en Jagveld, sluit haar by Hamilton Wessels aan.

Leandie du Randt

Hy bied die program reeds sedert 25 April aan. Die program het boonop ’n nuwe stel en met nóg sewe episodes is die reeks tot 25 Julie verleng.

Kom ons jol is ’n interaktiewe musiekprogram wat musiek en geleentheid vir dans, saamsing en lag in die gemak van jou eie sitkamer bied. Elke Saterdag gaan loer Wessels deur middel van die jongste tegnologie in by van Suid-Afrika se top-kunstenaars, wat dan ’n akoestiese optrede lewer.

In die eerste paar episodes was Die Campbells, Jakkie Louw, Loki Rothman, Die Broers, Danny Smoke, Kurt Darren, Pieter Smit en Ricus Nel die gaskunstenaars.

In Saterdag se episode kan kykers uitsien na akoestiese sessies deur Dozi en Nicholis Louw.

Ek is so opgewonde om my by die Kom ons jol-span aan te sluit,” sê Du Randt.

“Kom jol saam my en Hammie – ek kan nie wag nie!”

Kom ons jol gee kykers die geleentheid om deel van die program te wees. Kykers kan elke Saterdag inbel met spesiale gelukwensings aan vriende, familie en geliefdes en ’n musiekvideo kies wat deur die loop van die aand vertoon word.

Wessels vra ook weekliks dat kykers tuisvideo’s aanstuur om te wys waarmee hulle tydens die staat van inperking by die huis besig is. Dit word dan op die program vertoon en sorg vir groot vermaak. Sedert die eerste episode stroom video’s en boodskappe van kykers in en is daar baie interaksie op kykNET se sosiale media tydens die twee uur lange program.

“Die kyker-interaksie is ongelooflik positief,” sê Loren Greyling, die kykNET-toesigvervaardiger van die program.

“Om regstreeks met ons kykers te kan gesels, is ’n groot voorreg. Die terugvoering van die kykers is dat Kom ons jol hulle tydelik laat vergeet van wat tans in die wêreld aangaan en dat hulle kan ontspan en Saterdagaand saam kan kuier.

“Hulle verlang na die kunstenaars en die optredes, en dit is waar Kom ons jol die leemte vul. Hamilton is baie geliefd onder die kykers en Leandie is die perfekte aanvulling tot hierdie program. Sy is energiek, entoesiasties en reg om saam te party!”

* Kom ons jol word Saterdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai, met ’n herhaling Sondae om 15:00 op kykNET NOU (DStv-kanaal 146).

Meer oor:  Kyknet  |  Leandie Du Randt  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.