Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Leer maak smullekker Kersgeregte op Via

Die TV-kanaal Via (DStv-kanaal 147) het bekende sjefs in Suid-Afrika genooi om feestydkos te maak om in vyf episodes uit te saai.

Piet Marais en Frik Oosthuizen se Mexikaanse empanadas kry ’n Suid-Afrikaanse kinkel. Foto: Via

Twee van dié episodes is op Kersdag te sien. Die sjefs wat hul spyskaarte sal toon en die kos voorberei, is Piet Marais en Frik Oosthuizen en die kosikoon Dorah Sitole.

In My Kersfeeskombuis om 17:00 op 25 Desember is Marais en Oosthuizen aan die beurt met ’n verrassende idee – ’n Mexikaanse spyskaart. Hulle berei vark en eend voor met bygeregte vol kleur en geur getrou aan die Mexikaanse kostradisie.

Marais en Oosthuizen was die aanbieders van die reeks Van potte tot superdisse! waarin hulle minder bekende bestanddele in Suid-Afrika opgespoor en vir nuwe geregte gebruik het.

Die omslag van Dorah Sitole se jongste kosboek.
Frik Oosthuizen en Piet Marais, wat op Kersdag in die program ‘My Kersfeeskombuis’ op Via kosmaak. Foto: Via

Om 18:00 op 25 Desember wys Sitole wat sy onder meer uit die see gehaal het vir haar Kersmaal. Dié kosskrywer en voormalige kosredakteur berei kreefsterte voor, asook brosgebraaide eend en ’n mango-nagereg met skop.

Sitole het ook pas haar kulinêre reis oor vier dekades in die kosboek 40 Years of Iconic Food saamgevat. Dit is ’n reis wat begin as ’n honger meisietjie in die townships en wat haar later na gourmetkombuise deur die wêreld geneem het. Die fases van Sitole se lewe word verteenwoordig deur tradisionele Afrika-kosse, township-geure, bekende gunstelinge, pan-Afrika-geregte en gourmetgeregte van oor die wêreld heen.

Dié voormalige redakteur en kosredakteur van die tydskrif True Love is nie net ’n skrywer nie, sy is ook ’n kosstileerder, ’n ontwikkelaar van resepte en ’n opgeleide cordon bleu-sjef. Op haar talle wêreldreise het sy mense gereeld aan Suid-Afrikaanse cuisine voorgestel.

  • 40 Years of Iconic Food word uitgegee deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-uitgewers.

– Saamgestel deur Elretha Britz

Meer oor:  Tv  |  Via  |  Piet Marais  |  Kersfees  |  Dorah Sitole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.